Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Mngxitama ‘moet bewys hy is lid van BLF’

Die leierskap van Black First Land First (BLF) is in ’n openbare bekgeveg gewikkel met aantygings en teenaantygings van nie-lidmaatskap en onbehoorlike optrede wat heen en weer vlieg.

Luidens ’n verklaring op die BLF se amptelike Twitter-blad is Andile Mngxitama, leier van dié party, nie ’n lid van die BLF nie. Dit is onderteken deur Siphesihle Jele, sekretaris-generaal van die BLF.

Andile Mngxitama, BLF-president. Foto: Felix Dlangamandla

“Die brief dien as bevestiging aan die algemene lidmaatskap en die media dat die volgende kamerade; Andile Mngxitama en Shanta Balashkrina, nie wetlike lede van die BLF is nie, totdat hulle bewys van lidmaatskap en hul onderskeie takke kan verskaf,” lui die verklaring.

Mngxitama het Maandag aan News24 gesê hy het die verklaring gelees en dat die wagwoorde van die party se Twitter-rekening verander is. “Dit lyk in hierdie stadium of ons Twitter-rekening deur ’n kuberkraker aangeval is.”

Volgens Mngxitama is dié verklaring nie deur die BLF uitgereik nie.

“Ek bedoel, die sekretaris-generaal is geskors, daar is verskeie aanklagte teen hom. Hy het gevra vir uitstel om te reageer daarop, en hy het die uitstel gekry. Daardie skorsing het niks met dié brief te doen nie. Hy is drie weke gelede geskors.”

Jele hou vol die verklaring is eg en dat daar geen kuber-aanval was nie.

“Die verklaring staan. Dit is eg. Ons is gemagtig, dit is ons verklaring, ons daag hulle uit om bewyse in te dien.”

Mngxitama het sedertdien ’n foto van wat soos ’n lidmaatskapkaart lyk, ingedien.

Die oorsaak van die konflik blyk die stigting van ’n vakbond te wees.

Jele word daarvan beskuldig dat hy ’n vakbond gestig het deur die BLF se databasis te gebruik.

“Jy het nie ’n databasis van ’n spesifieke politieke party nodig om ’n vakbond te begin nie,” sê Jele.

Jele sê hulle het verlede jaar uitgevind Mngxitama is nie ’n lid van die party nie.

“Maar hy was arrogant, hy het nie ingegee nie.”

Mngxitama en die BLF, wat sowat 0,11% van die stemme in die nasionale verkiesing in Mei getrek het, was onlangs in die nuus toe die hooggeregshof in Johannesburg beveel het die party mag nie volhou met bewerings dat die sakemagnaat Patrice Motsepe inmeng by die politiek in Botswana nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.