Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
‘Mnr. X’ vrees wraak oor Dudu Myeni-getuienis

’n Geheime sakeman van KwaZulu-Natal vrees vir sy lewe omdat hy voor die Zondo-kommissie getuig oor beweerde betalings van miljoene rand aan Dudu Myeni, voormalige voorsitter van die SAL-direksie, en aan die Jacob Zuma-stigting, waarvan sy die stigter en voorsitter was.

Die getuie, wat met die goedkeuring van adjunkhoofregter Raymond Zondo, voorsitter van die kommissie, slegs as mnr. X voorgestel is, het Maandag in camera getuig sodat mense wat Myeni ken, hom nie maklik kan identifiseer en wraak neem nie.

Thalente Cyril Myeni, seun van Dudu Myeni, sukkel Maandag met sy geheue voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping.Foto: Skermgreep

Mnr. X het getuig hy en sy gesin is nie veilig nie. Sy getuienis is “vir ’n aantal mense nie aanvaarbaar nie”.

Hy het getuig hoe hy ingesleep is by die skep van vals fakture vir betalings deur die Mhlathuze-waterraad in Richardsbaai, waarvan Myeni die voorsitter was.

Premier Attraction 1016, die onderneming van Myeni se seun Thalente Cyril Myeni, was volgens getuienis by die oor-en-weer-betalings betrokke en het drie betalings van sowat R1 miljoen elk aan mnr. X se konstruksiemaatskappy, Isibonelo-konstruksie, gedoen.

Thalente is Maandag oor dié betalings ondervra en sy antwoord was dat dit betaling was vir subkontrakteurswerk wat deur die konstruksiemaatskappy gedoen is.

Mnr. X het egter getuig sy konstruksiemaatskappy het geen dienste hiervoor gelewer nie en sy onderneming se rekening is slegs gebruik om die geld te ontvang en weer uit te betaal.

Adv. Kate Hofmeyr, getuienisleier van die kommissie, het gesê mnr. X se getuienis gaan daaroor dat hy telefonies deur Myeni self opdrag gegee is om op sy beurt R1 miljoen kontant aan Myeni self en twee betalings van R1 miljoen elk aan die Jacob Zuma-stigting te betaal.

Mnr. X vrees vir sy lewe en dié van sy gesin nadat Myeni glo sy dogter gebel en gevra het hoekom haar pa haar wat Myeni is nou uitverkoop.

Hofmeyr het voor mnr. X se getuienis aan Thalente gevra of hy die inligting wat die kommissie aan hom beskikbaar gestel het voor sy getuienis aan sy ma bekend gemaak het.

Thalente het bevestig hy het dit gedoen.

Thalente was Maandag tydens ondervraging – voor mnr. X se getuienis – deurlopend vergeetagtig.

Mnr. X vrees vir sy lewe en dié van sy gesin nadat Myeni glo sy dogter gebel en gevra het hoekom haar pa haar wat Myeni is nou uitverkoop.

Hy kon nie ’n enkele stukkie papier as bewys verskaf vir sogenaamde werk wat Premier Attraction gedoen het en waarvoor daar in een geval R2 miljoen in sy rekening inbetaal is nie.

Thalente kon ook glad nie sê hoeveel mense vir hom gewerk het nie.

Thalente kon ook nie meer inligting verskaf oor drie betalings wat deur sy onderneming aan mnr. X se konstruksiemaatskappy gedoen is nie.

Die betalings was vir R1 miljoen op 24 Oktober 2015; R1,1 miljoen op 11 Desember 2015 en R1 miljoen op 2 Februarie 2016.

Dit was dié geld wat mnr. X na bewering in kontant aan Myeni en die Jacob Zuma-stigting moes oorbetaal in opdrag van Myeni.

Zondo wou by Thalente weet of Premier Attraction nie ’n klein onderneming is en of die betaling van ’n bedrag van R1 miljoen nie by hom ’n klokkie sou moes lui nie.

Hofmeyr het hierop gewys dit is nie net R1 miljoen nie, dit is meer as R3 miljoen wat aan ’n enkele entiteit (mnr. X se konstruksiemaatskappy) betaal is. Verder het Thalente nie enige dokumente wat wys vir watter werk die entiteit betaal is nie.

Thalente het hierop geantwoord dit is korrek.

Zondo het gesê dit is vir hom uitsonderlik dat die eienaar van ’n onderneming nie kan onthou waarvoor hy R3 miljoen betaal het nie.

Thalente se antwoord was dit was in 2015, hy het intussen met baie ander bedrae geld gewerk.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.