Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Zuma: ‘Moenie afbrand’
Pres. Jacob Zuma voor die toespraak wat hy in Giyani gelewer het. (Foto: Felix Dlangamandla)
’n Lid van ’n multikulturele groep tree gister in die Vryheidsdag-viering in die Giyani-stadion in Limpopo op. Op die verhoog sit Nathi Mthethwa, minister van kuns en kultuur, Mkakareng Rakgaole, burgemeester van die Mopani-distriksmunisipaliteit, pres. Jacob Zuma en adj.pres. Cyril Ramaphosa. Foto: Felix Dlangamandla

Politieke partye wat geweld en anargie goedpraat en aanblaas, weet nie wat politiek regtig beteken nie, sê pres. Jacob Zuma.

“Hulle gebruik sulke uitsprake om politieke punte aan te teken.”

Dit was klaarblyklik ’n verwysing na Julius Malema, EFF-leier, se uitsprake in ’n onderhoud op Al Jazeera dat sy party gereed is om die land deur die loop van ’n geweer terug te wen.

Die stadion, wat plek vir 10 000 mense het, was stampvol. Nog minstens 2 000 mense het buite die hekke saamgedrom.

Toe die president met sy bloulig-gevolg in die stadion aankom, het die skare “Zuma, Zuma, Zuma” gedreunsing.

Zuma het gesê Suid-Afrika het die afgelope 22 jaar baie ver gevorder. Sommige politieke partye maak dit hul heeltydse werk om Suid-Afrika swart te smeer, maar die land vaar baie goed.

“Die regering probeer die foute wat ons nie gemaak het nie, maar wat deur apartheid en kolonialisme geskep is, regstel.”

Zuma het mense gemaan om nie skole, treine en geboue af te brand wanneer hulle kwaad is nie.

“Hoe gaan dit jul saak verbeter? Dit gaan niks help nie en sit ons net terug.”

Diegene wat dink daar is ’n kortpad om die regering te vervang, weet nie waarvan hulle praat nie. “Al die demokratiese instellings moet gebruik word voordat so iets sal gebeur.”

Zuma het onder luide toejuiging gesê die publiek moenie dat partypolitiek die land verdeel nie.

“Isoleer diegene wat geweld en anargie aanhits. Ons het hard geveg vir ons vryheid en ons moet daaraan vashou.”

Hy het apartheid die skuld gegee vir die agterstand wat gebiede soos Giyani ervaar.

“Vandag is die herdenking van die oorwinning van die goeie oor die euwel van apartheid.”

Nathi Mthethwa, minister van kuns en kultuur, het voor die toespraak gesê Zuma sal tot 2019 president bly.

Zuma het ná sy toespraak in die stadion rondgestap en mense gegroet.

Rex Tshabala, ’n jare lange inwoner van Giyani, het gesê hy is baie bly hy het die dag bygewoon en hy is trots op Zuma.

Meer oor:  Zuma
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.