Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Moenie Gordhan durf aanstel, waarsku Malema

Pres. Cyril Ramaphosa is gewaarsku om nie Pravin Gordhan weer as minister van openbare ondernemings aan te stel óf in sy kabinet op te neem nie.

Ramaphosa sal dan net soos oudpres. Jacob Zuma wees as hy dit doen, het Julius Malema, EFF-leier, gewaarsku.

Pravin Gordhan

“As Ramaphosa respek het vir die kantoor van die openbare beskermer en die konstitusionele hof, sal hy Gordhan nie heraanstel nie,” het Malema by die presidensiële inhuldiging in Pretoria gesê.

“Dit maak nie saak of die OB se verslag ’n gemors is nie, die feit dat dit van haar (Busisiwe Mkhwebane, OB) af kom, beteken dit moet gerespekteer word totdat anders in die howe bevind is.”

Mkhwebane het Gordhan Vrydag skuldig bevind aan onbehoorlike gedrag, maar Gordhan het aangedui hy gaan die bevindings en aanbevelings van die verslag deur ’n hof laat hersien. Lees die berig hier.

“Pravin doen homself voor as ’n eerbare man en ’n eerbare man sal respek hê vir ’n hoofstuk nege-instelling.”

Sowel Malema as Mmusi Maimane, die DA-leier, het oor die kabinetaanstellings die hoop uitgespreek dat lede wat betrek is by staatskaping en korrupsie nie in die nuwe kabinet opgeneem word nie.

Daar is betroubaar verneem die kabinet gaan drasties verklein word – tot soveel as nege poste kan gesny word, berig News24.

Meer oor:  Julius Malema  |  Pravin Gordhan
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.