Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
‘Moenie sloer met grondproses,’ sê Zim-boer

Suid-Afrika moet nie die foute van sy buurman Zimbabwe herhaal deur langer met die kwessie van grondhervorming te worstel nie, waarsku Simba Makoni, ’n Zimbabwiese boer.

Hy was een van die paneellede op die Nasie in Gesprek-reeks op die Nampo-oesdag buite Bothaville.

“Daar moet vinnig besluit word oor wat jy met grond gaan doen. Doen jy dit nie of stel jy dit langer uit, word die verantwoordelikheid net na die volgende kabinet aangegee.

“Moet nie tyd verspil deur te lank te praat of grondverdeling met of sonder vergoeding moet wees nie. Beweeg vorentoe en implementeer besluite, maar wees rasioneel. Daar is nie tyd om te mors nie.

Van links is Simba Makoni (Zimbabwiese boer), Chris Venter (uitvoerende hoof van Afgri), Raphael Karuaihe (kommoditeitsbestuurder van die JSE), en Russell du Preez (’n boer en uitvoerende hoof van die RussellStone Group) in gesprek. Foto:?Mlungisi Louw

“In Zimbabwe het hulle meer as 15 jaar geneem om te besluit oor die verkryging van grond en toe ’n verdere sewe jaar wat om daarmee te maak. In die proses het boere verander van die broodmandjieverskaffers tot dié met ’n leë mandjie.

“Die kenmerk van die grondkwessie by ons was een van paniek en negatiwiteit,” sê Makoni. Hy het ’n gemengde boerdery.

Volgens hom het die staat die grond in Zimbabwe gekry en dit uitgedeel.

Chris Venter, uitvoerende hoof van Afgri, sê grondhervorming is ’n moet. “Dit is egter nie so eenvoudig as om net van een te vat en aan ’n ander te gee nie. Dit is ook belangrik om te begryp dat ’n kleinboer sonder titelakte in Limpopo se geldelike welstand nie gaan verbeter nie.

“Daar moet seker gemaak word dat elkeen wat wil boer die geleentheid kry om deur grond wat hy besit geld te maak.”

Volgens Russell du Preez, ’n boer en uitvoerende hoof van die RussellStone Group, is grondbesit een van drie pilare in enige samelewing.

“Indien grond van eienaar verwissel en die ontvanger het nie die titelakte nie word dit dooie kapitaal. Dit bemoeilik sake, want met grondhervorming wil jy die armoedeketting probeer breek.

“Deur ’n studie het ons bevind hoe sekerder jou titelaktes is, hoe groter is die voedselsekerheid. Moet dus nie net die grond oorhandig nie, maar ook die titelakte. Ek bid dat ons regering die regte besluite sal neem ter wille van die arm mense.”

Venter sê hy hoop nie die fout sal gemaak word deur te dink dit is ’n vorm van groei deur grond van een grondeienaar te neem en aan ’n ander te gee nie.

“Die ontvanger se groei sal net op kort termyn wees. Om te groei moet ons beskerm wat ons het en byvoeg. Aan landbouers wat grond ontvang, moet ook die nodige vaardighede gegee word.”

Meer oor:  Nampo-Oesdag  |  Simba Makoni  |  Zimbabwe  |  Grondhervoming  |  Gronddebat
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.