Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Mogoeng sê nee dankie vir ‘skenking’ van R600 m.

Hoofregter Mogoeng Mogoeng sê hy glo hy het ’n poging om die regbank te kaap gefnuik nadat ’n Amerikaanse miljardêr hom R600 miljoen vir die modernisering van Suid-Afrika se howe aangebied het.

Hoofregter Mogoeng Mogoeng. Foto: Argief

Mogoeng het hierdie aanbod van die hand gewys.

Hy het Maandagoggend in ’n onderhoud met Bongani Bingwa op die radiostasie 702 se ontbytprogram gesê hy is nie regstreeks gekontak nie.

Die aanbod het van ’n derde party gekom vir wie hy baie respek het en hy glo dat die persoon goeie bedoelings daarmee gehad het. Die derde party het gesê Mogoeng kon sê hoeveel geld hy nodig het en hy kon doen daarmee wat hy wou.

Mogoeng wou nie sê wie die derde party of die miljardêr is nie.

“Hoekom het hulle nie met hul aanbod na die tesourie toe gegaan nie? Hoekom is ek genader? En hoekom is dit in die geheim gedoen?”

Mogoeng het verlede week aan die SAUK gesê hy glo dit was ’n poging om die regbank te kaap en dat hy die “aanbod van die hand gewys het omdat dit is hoe staatskaping gebeur”.

“Jy wil nie op ’n onbehoorlike manier gefinansier word nie, al gee die mense voor dit is uit liefdadigheid.”

Hy sê die plan was om die howe doeltreffender te maak deur dit te digitaliseer.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.