Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Ramaphosa ontken Molefe se aantygings

Pres. Cyril Ramaphosa het Vrydag ontken dat hy aandele van Glencore ontvang het in ruil daarvoor om die belange van Glencore ten koste van Eskom te bevorder.

Hy was besig om vrae van joernaliste op die radiostasie 702 te beantwoord.

Dit kom kort nadat Brian Molefe, voormalige uitvoerende hoof van Eskom, Vrydagoggend voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping getuig het dat Ramaphosa destyds sy politieke invloed gebruik het om namens Glencore vir ’n duurder steenkoolprys te beding.

Die kwessie handel oor gebeure rondom 2015 toe Ramaphosa nog die adjunkpresident en hoof van die Eskom-taakspan was.

Molefe het beweer Rampahosa het ’n 9,6%-aandeel gekry in ’n nuwe maatskappy wat deur Glencore gestig is om die Optimum-myn te koop.

Ramaphosa het egter teruggekap en gesê Molefe se getuienis is onwaar.

“Dit is van alle waarheid ontbloot. Mense vertel stories om mense te beswadder. Ons moet met feite werk.”

Ramaphosa het voorts belowe dat hy sy kant van die saak sal stel. Hy het herbevestig dat hy voor die Zondo-kommissie sal verskyn om getuienis te lewer.


Molefe se skokbewerings

Molefe het die volgende bewerings in sy getuienis voor die Zondo-kommissie gemaak:

  • Pres. Cyril Ramaphosa het ’n 9,6%-aandeel gekry in ’n nuwe maatskappy wat Glencore gestig het om die Optimum-myn te koop.
  • Ramaphosa was ’n swaargewig in die politieke arena en ’n lid van die nasionale uitvoerende komitee (NUK) van die ANC. Hy is as voorsitter van dié nuwe Optimum-maatskappy aangestel.
  • Glencore het geweet die sukses van die maatskappy sou daarop gegrond wees dat hy ’n nuwe prys vir steenkool met Eskom beding het. Hy het staatgemaak op Ramaphosa se betrokkenheid by die maatskappy om dié onderhandeling vir ’n duurder prys vir steenkool te laat slaag.

Molefe, wat in 2015 aangestel is as die uitvoerende hoof van Eskom, het aangevoer Glencore wou die prys van steenkool vanaf R150 per ton tot R530 per ton laat verhoog. Hy het verder aangevoer Glencore wou gehad het Eskom moet R6 miljard aan hom betaal oor ’n tydperk van drie jaar, verder moes Eskom ’n boete van R2 miljard afgeskryf het.

Brian Molefe, Zondo
Brian Molefe lê die eed af voordat hy Vrydagoggend begin getuig het. Foto: Skermgreep

“Glencore wou R8 miljard van Eskom hê,” volgens Molefe.

Hy het aangevoer dat hy dit nie kon toelaat nie.

Volgens Molefe was Ramaphosa in sy tyd as adjunk-president ook die voorsitter van die Optimum-maatskappy. Hy was ook in die tyd die hoof van die spesiale oorlogskamer wat gestig is om Eskom te ondersoek.

Ramaphosa was in der waarheid die voorsitter van Eskom, volgens Molefe.

“Hier is ’n persoon wat onderhandel het dat die steenkoolprys verhoog en die boetes geskrap moes word. “Hy het geweet dat hy vir sy politieke mag gebruik is. “Hy het ’n 9,64%-belang gehad. Hy is nie naïef nie en het geweet wat aangaan,” volgens Molefe.

Hy het verder aangevoer beurtkrag het na die land teruggekeer toe Ramaphosa die president geword het.

“Hy het die gladdebek Pravin Gordhan aangestel as die minister van openbare ondernemings. Openbare ondernemings is besig om te misluk en daar word gepoog om dit aan die private sektor te verkoop.

“Die situasie het my siek gemaak. Die gedrag van Glencore en Ramaphosa walg my,” het Molefe gesê.

Wie is Molefe?

- Hy is in Februarie 2011 as uitvoerende hoof van Transnet aangestel en is na Eskom gesekondeer in die tyd voor daar na bewering grootskaalse staatskaping plaasgevind het.

- Hy het na bewering tussen 2 Augustus 2015 en 22 Maart 2016 vir Ajay Gupta 44 keer gebel en Ajay Gupta het hom in dié tydperk glo 14 keer gebel. Dit was in die tyd toe die Guptas besig was om die Optimum-myn oor te neem.

- Hy het die Guptas se huis in Saxonwold glo 19 keer besoek. Volgens Molefe het hy ’n sjebeen in die spogwoonbuurt besoek.

- Molefe was as uitvoerende hoof van Eskom na bewering uiters hard op die mynmaatskappy Glencore en het botweg geweier om oor die Optimum-myn se gehalte van steenkool en boetes te onderhandel.

- Nadat die Guptas die myn oorgeneem het, is 13 opeenvolgende maande toestemming gegee dat die Optimum-myn sy gehalte en volumes steenkool wat aan Eskom verskaf moes word, kon lewer al was dit van ‘n swakker gehalte as waarop ooreengekom is.

- Molefe het vir hom in die tydperk ’n pensioen van sowat R30 miljoen beding voordat hy einde 2016 by Eskom weg is.


* Hierdie berig is aangepas nadat dit gepubliseer is om pres. Cyril Ramaphosa se antwoord op Brian Molefe se aantygings in te sluit.

Meer oor:  Staatskaping  |  Zondo-Kommissie  |  Eskom  |  Brian Molefe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.