Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Sitting gestaak weens Covid
Brian Molefe, wat van April 2015 tot November 2016 uitvoerende hoof van Eskom was, het Vrydag voor die Zondo-kommissie getuig, voordat die sitting na afloop van middagete gestaak is weens Covid.
15 Jan. 14:36:00

Zondo-kommissie se sitting opgeskort

Die Zondo-kommissie se sitting gaan nie Vrydagmiddag voort nie, weens Covid-19. 

Adjunkhoofregter Raymond Zondo sê iemand na aan hom het positief getoets vir Covid-19.

Hy moet homself isoleer. Die sitting sal moet verdaag.

“Dit is die realiteit vir nou. Daar sal ’n weg gevind moet word vorentoe. Indien die sittings elke keer ontwrig word, sal dit die werk van die kommissie moeilik maak,” het Zondo gesê.

Die moontlikheid sal ondersoek word dat die sitting met ’n videoskakel kan voortgaan.  – Marelize Barnard

15 Jan. 13:11:46

Die sitting verdaag tot 14:10.

15 Jan. 11:40:49

Molefe se skokgetuienis vanoggend

Brian Molefe, wat in 2015 aangestel is as die uitvoerende hoof van Eskom, het vanoggend sy getuienis begin deur te beweer pres. Cyril Ramaphosa het eintlik Eskom beheer vir sy eie voordeel.

Hy het getuig:

- Ramaphosa het ’n 9,6%-aandeel gekry in ’n nuwe maatskappy wat Glencore gestig het om die Optimum-myn te koop.

- Ramaphosa was ’n swaargewig in die politieke arena en ’n lid van die nasionale uitvoerende komitee (NUK) van die ANC.

- Hy is as voorsitter van dié nuwe Optimum-maatskappy aangestel.

- Glencore het geweet die sukses van die maatskappy sou daarop gegrond wees dat hy ’n nuwe prys vir steenkool met Eskom beding het.

- Hy het staatgemaak op Ramaphosa se betrokkenheid by die maatskappy om dié onderhandeling vir ’n duurder prys vir steenkool te laat slaag.

Lees die volledige berig hier.
15 Jan. 10:25:10

Die sitting begin.

Meer oor:  Brian Molefe  |  Staatskaping  |  Politiek  |  Zondo-Kommissie  |  Eskom
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.