Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Mongameli Bobani se toestand ‘beter’

Daar is ’n “verbetering” in Mongameli Bobani se toestand sedert hy Covid-19 opgedoen het.

Dit is volgens Danie Gouws, sy prokureur, toe hy Woensdag uitgevra is oor Bobani se toestand.

Bobani, voormalige burgemeester van die Nelson Mandela-metro, is steeds onder verdowing en aan ’n ventilator gekoppel in die St. Georges-hospitaal in Port Elizabeth.

Hy is al vir agt dae in die hospitaal.

Mongameli Bobani Foto: Theo Jeptha, Argief

Gouws sê Nosakhele, Bobani se vrou, sy familie, kollegas, en vriende bid sodat hy van die siekte herstel.

Bobani het tydens ’n raadsvergadering op 16 Oktober siek begin voel. Hy is daarna huis toe en het aan sy vrou gesê hy voel nie goed nie.

Hy wou die hele naweek nie eet nie en het gekla van hoofpyn.

Hy is op 20 Oktober na die hospitaal geneem toe hy kortasem begin raak het. Die volgende dag het die toetsresultaat bevestig dat hy die koronavirus opgedoen het.

Al die raadslede met wie hy in aanraking was, is ook gevra om hulle vir die virus te laat toets.

Meer oor:  Mongameli Bobani  |  Port Elizabeth  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.