Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Monumente uit apartheid moet geskuif word, sê Ramaphosa

Enige simbool, monument of aktiwiteit wat rassisme ophemel of wat Suid-Afrika se “lelike” verlede verteenwoordig, het geen plek in ’n demokratiese Suid-Afrika nie en moet geskuif en hervestig word, sê pres. Cyril Ramaphosa.

Ramaphosa het dit Donderdagmiddag gesê toe hy Suid-Afrika se amptelike Erfenisdagboodskap aanlyn aan landsburgers gelewer het.

KYK: Dié standbeelde dalk in gedrang

Volgens hom kom Suid-Afrika uit ’n verlede van vooroordeel en uitsluiting en het die regering sedert die aanbreek van demokrasie gewerk om die erfenislandskap van die land te verander.

“Die herbenoeming van stede en dorpe was deel daarvan, sowel as die oprigting van nuwe standbeelde en monumente.

“Monumente wat ons verdelende verlede verheerlik, moet daarom geskuif en hervestig word. Dit het omstredenheid veroorsaak met sommige wat meen dat ons probeer om ons geskiedenis uit te wis.

“Om egter ’n ware nierassige samelewing te bou, beteken dat ons sensitief moet wees vir die geleefde ervarings van alle Suid-Afrikaners. Ons sal geen verskonings daarvoor maak nie, omdat ons hoofdoel is om ’n verenigde nasie te bou.”

Pres. Cyril Ramaphosa.

Ramaphosa het verder gesê dat die stryd teen apartheid ook daarop gemik was om alle landsburgers, “swart en wit”, se waardigheid te herstel en dat dit ook een van sy administrasie se hoofprioriteite is.

Volgens Ramaphosa sal Suid-Afrika van die Covid-19-krisis herstel en sal sy ekonomie en landsburgers se lewens herbou word. “Ons sal ook aanhou streef om armoede, ongelykheid en onderontwikkeling uit te roei.”

Hy het bygevoeg dat sy regering ook sal aanhou om landsburgers se regte te beskerm om hul tradisies en kulture te kan beoefen en om hul moedertale te kan praat. “Ons sal aanhou om elke poging te ondersteun om ons gemene erfenis te bewaar, sowel as individuele gemeenskappe.

“Soos ons vandag ons praktyke en tradisies beoefen en ons moedertale praat, is ons besig om nie net ons erfenis nie, maar ook ons trots en waardigheid as Suid-Afrikaners te herwin,” het Ramaphosa gese.


Meer oor:  Cyril Ramaphosa  |  Erfenisdag  |  Erfenis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.