Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Moord op vrou: Premier waai

Lesotho se premier het Vrydag bevestig hy gaan bedank nadat die polisie hom verbind het met die dood van sy vervreemde vrou drie jaar gelede.

Senior partylede van die All Basotho Convention (ABC) het beroepe op Thomas Thabane (80) gedoen om uit te tree nadat die polisie gesê het daar is bewyse wat hom met die moord in 2017 verbind.

Thabane het nie die beskul­digings teen hom genoem toe hy sy bedankingsplanne op ’n mediakonferensie in die hoofstad, Maseru, aangekondig het nie.

Thabane het geen tydraamwerk vir sy vertrek gegee nie, maar sê hy sal voortgaan in sy rol as leier van die ABC.

“Om die waarheid te sê, ek het grootgeword en my kragte het afgeneem, daarom kondig ek vandag voor julle aan dat ek beplan om uit te tree en wanneer die tyd kom, sal ek julle laat weet,” sê Thabane.

Hy sê hy het gewerk vir die welstand van die Basotho’s van Lesotho.

“Ek is oortuig daar is steeds baie om te doen.”

Thabane se 58-jarige vrou, Lipolelo­, is in Junie 2017 – twee dae nadat hy sy pos opgeneem het – deur onbekende aanvallers aan die buitewyke van die hoofstad doodgeskiet in ’n moord wat die klein landjie geskud het.

Die egpaar was besig om te skei.

Thabane het in sy aanvaardingstoespraak die aanval op sy vrou as ’n “sinnelose moord” beskryf.

Holomo Molibeli, die land se polisiekommissaries wat Thabane se pogings uitdaag om hom af te dank, het hofstukke ingedien waarin beweer word daar is bewyse wat Thabane met die moord verbind. – News24

Meer oor:  Lesotho  |  Thomas Thabane
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.