Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Mosselbaai se nuwe munisipale bestuurder het planne
Adv. Thys Giliomee (53), nuwe munisipale bestuurder van Mosselbaai, in sy kantoor. Foto: Eugene Gunning

Die nuwe munisipale bestuurder van Mosselbaai, adv. Thys Giliomee, wil inwoners se kundigheid tot voordeel van die dorp benut. Giliomee is onlangs in die pos aangestel.

“Hier is ’n klomp kennis in die dorp wat benut kan word,” sê Giliomee.

Volgens hom is een van sy vernaamste doelwitte om die standaard van dienste te handhaaf en te verbeter. Hy wil ook gemeenskapsveiligheid en ekonomiese plaaslike ontwikkeling bevorder.

Voorts wil hy aandag gee aan gemeenskapsbetrokkenheid. Behalwe vir wykskomitees wil hy ook ad hoc-komitees vir byvoorbeeld veiligheid en omgewingsaangeleenthede vestig. Hulle sal raadgewend optree en dit is in dié verband dat hy inwoners se kennis wil betrek.

Werkloosheid is oral ’n probleem en ook in Mosselbaai. Meer mense moet betrek word.

“Ek is nie ’n voorstander van werkskepping deur die munisipaliteit nie. Dit is nie volhoubaar nie. Inisiatiewe moet begin word om mense te kry om in die dorp te belê. Die private sektor moet betrokke raak in samewerking met die munisipaliteit.”

Hy gaan aansporingsmaatreëls voorstel om beleggings te lok.

Oor die rol van politici teenoor die munisipale administrasie sê hy: “Politici het ’n oorsigrol, maar hulle mag nie inmeng nie.”

Giliomee sê hy sal hom beywer vir goeie samewerking tussen die administrasie en die raadslede.

Oor samewerking tussen munisipaliteite in die streek sê hy daar is streekfunksies waar munisipaliteite moet saamwerk, soos die beplande streekstortingsterrein.

Giliomee sê hy is bewus daarvan dat daar ’n klagte oor hom by die openbare beskermer ingedien is. “Ek respekteer die ondersoek en het niks om weg te steek nie.”

Volgens Giliomee voel dit nou weer vir hom of hy is waar hy behoort te wees.

* Dr. Michele Gratz was voorheen die munisipale bestuurder. Sy het vroeër bedank om meer tyd saam met haar familie deur te bring.

Daarna het Harry Hill waargeneem as munisipale bestuurder.

Wie is adv. Thys Giliomee?

Giliomee (53) het uitgebreide ervaring in plaaslike regering en is ’n voormalige uitvoerende hoof van die Wes-Kaapse Drankraad.

Sy ervaring in plaaslike regering sterk oor verskeie jare.

Hy het in Desember 1988 by die Kaapse metropolitaanse raad in Stellenbosch begin.

Daarna het ook by die Oostenberg-, Tygerberg- en Kaapstad-munisipaliteit gewerk.

In 2012 was hy hoof van finansies van die Bitou-munisipaliteit en later waarnemende munisipale bestuurder.

Giliomee het op 1 Augustus 2012 hoof van die Wes-Kaapse Drankraad geword.

Hy het later as konsultant in die kantoor van die Wes-Kaapse premier gewerk.

Hy is getroud en in sy vrye tyd durf hy graag staproetes aan.


Meer oor:  Mosselbaai  |  Munisipale Bestuurder  |  Inwoners
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.