Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Motlanthe: China ‘baken van hoop in oorgang na sosialisme’

China is ’n baken van hoop in ’n oorgangsera van kapitalisme na sosialisme, sê oudpres. Kgalema Motlanthe.

Hy het op ’n aanlyn seminaar gepraat in die aanloop tot die eeufeesviering van die Kommunistiese Party van China op 1 Julie.

China het gewys dat dit moontlik is om ’n samelewing sonder klasse en “sonder uitbuiting van mens deur mens” te skep.

Wat sy buitelandse beleid betref, het China ’n “oortuigende argument gemaak teen al die variante van keuselose demokrasieë, waar beleggers en graderingsagentskappe progressiewe maatskaplike beleide straf”.

China bied ontwikkelende lande alternatiewe strategieë vir ondraaglike koloniale ekonomiese beleide. Afrikalande met hul minerale rykdom is onderwerp aan armoede, onderontwikkeling en ekonomiese afhanklikheid van voormalige koloniale magte sedert hul onafhanklikwording.

Motlanthe sê China is vandag “die mees geïndustrialiseerde land ter wêreld” en een van die grootste ekonomië.

Hy het volgens die Wêreldbank dit reggekry om sedert 1978 “meer as 800 miljoen van sy mense uit armoede te lig” en beoog om “armoede heeltemal uit te wis”.

Daar is lesse vir Suid-Afrika in China se prestasies.

“China se groot sterkpunt is sy sonderlinge visie en vermoë om te verenig en organiseer in ’n direkte en gefokusde poging om ’n gemeenskaplike doelwit te bereik.”

Hy skryf dit toe aan die “eenheid en struktuur” van die Kommunistiese Party, wat ’n stelsel geskep het wat die ontwikkeling van die land bevorder en “wat die mees bekwame en ervare amptenare vir poste kies waar dit die meeste saak maak”.

China moes ook sy ekonomiese beleide “transformeer en aanpas” om sy ekonomie te open terwyl sy sosialistiese beginsel behou word. Talle ander kommunistiese partye het hierin misluk.

Chen Xiaodong, Chinese ambassadeur, het gesê die party het al meer as ’n miljoen amptenare vir korrupsie getug van wie 400 op die vlak van provinsiale minister of hoër is. Geen verdraagsaamheid word getoon in die stryd teen korrupsie nie. “maak nie saak wie ter sprake is of hul posisie nie”.

Meer oor:  Kgalema Motlanthe  |  Wêreldbank  |  China  |  Sosialisme  |  Kommunisme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.