Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Moyane vs. Gordhan by Zondo in November

Tom Moyane, voormalige kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, sal op 30 November die geleentheid kry om Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, onder kruisverhoor te neem by die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping.

Eric Mabuza, Moyane se regsverteenwoordiger, het dít Maandag bevestig.

Adjunkhoofregter Raymond Zondo het in November 2019 toestemming gegee dat Gordhan onder sekere voorwaardes kruisondervra mag word.

Dit sluit in dat Moyane se vrae betrekking moet hê op Gordhan se bewering dat hy (Moyane) kwaadwillig opgetree het toe hy klagte teen Gordhan by die Valke aanhangig gemaak het toe hy minister van finansies was.

Gordhan het aangevoer dat Moyane die regstelsel misbruik het en die klagte kwaadwillig in najaag van staatskaping aanhangig gemaak het.

Meer oor:  Pravin Gordhan  |  Tom Moyane  |  Zondo-Kommissie  |  Staatskaping
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.