Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
MRK kap terug oor wit mense

Die Menseregtekommissie (MRK) maak gereed om Julius Malema, EFF-leier, en Andile Mngxitama, BLF-leier, binnekort weens beweerde rassistiese uitlatings teen wit mense te vervolg, sê Buang Jones, die MRK se nasionale hoof van regs­dienste.

Marius Fransman, die voormalige ANC-leier in die Wes-Kaap. Foto: Melinda Stuurman

Die kritiek waaronder die MRK deurloop dat hy oorhaastig is om te vervolg wanneer wit mense die beweerde oortreders is, soos in die geval van die Springbok-slot Eben Etzebeth, maar traag is om teenoor swart burgers op te tree, is volgens Jones dus ongegrond.

Jones was onlangs betrokke by die MRK se suksesvolle vervolging van Adam Catzavelos en Angelo Agrizzi weens die gebruik van die k-woord.

Die parlement het die MRK verlede week gekritiseer, veral oor sy “lopende kommentaar” aan die media oor die Etzebeth-aangeleentheid.

Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, beskuldig die MRK daarvan dat hy openlik bevooroordeeld teenoor Etzebeth optree. Verder veroordeel Jan Bosman, hoofsekretaris van die Afrikanerbond, ook die MRK se hantering van die saak.

Dennis Bloem, Cope-woordvoerder, het Maandag gesê dit is “baie verkeerd” van die VF Plus om die MRK aan te val en hom sonder bewyse daarvan te beskuldig dat hy bevooroordeeld is net om politieke munt daaruit te slaan.

“Die Etzebeth-aangeleentheid moet in die bekwame hande van die MRK gelaat word. As daar ’n saak is waarin Etzebeth antwoorde moet gee, moet ons hom die geleentheid gun om sy saak te kan stel.”

Jones het Maandag gesê dit is onwaar dat die MRK se visier op wit mense ingestel is. 

“Ek verstaan nie die obsessie met ons benadering in die Etzebeth-geval nie. Ons is daar om die regte van die slagoffers te beskerm, vir wie ons nou ook as prokureurs optree.”

Velaphi Khumalo in die gelykheidshof in Johannesburg. Foto: Isabel Venter

Volgens hom word prominente swart mense wel deur die MRK vervolg. 

“Ons win tans regsadvies by ’n senior advokaat in in die aangeleentheid teen Malema. Sodra ons hofstukke opgestel is, sal ons ’n klag van haat­spraak by die gelykheidshof indien weens sy twiet.” 

Malema het ná oudpres. Robert Mugabe van Zimbabwe se dood getwiet dat net ’n dooie wit man vertrou kan word.

Jones sê die MRK wag ook op ’n hofdatum in die saak wat hy teen Mngxitama ingedien het weens sy beweerde uitlatings vroeër in Potchefstroom dat BLF-ondersteuners vyf wit mense moet doodmaak vir elke swart mens wat doodgemaak word.

Jones het ook die geval genoem van Bongani Masuku, Cosatu se woordvoerder oor internasionale betrekkinge wat destyds kwetsende anti-Semitiese uitlatings teenoor Joodse Suid-Afrikaners gemaak het. Daar word op die konstitusionele hof se uitspraak daaroor gewag. 

“Die MRK het ook al sukses-vol teen Marius Fransman (voormalige ANC-voorsitter in die Wes-Kaap) en Velaphi Khumalo (voormalige sportbeampte van die Gautengse regering) opge-tree weens hul kwetsende uitlatings teenoor die Joodse gemeenskap.” 

Intussen het die ANC in die Wes-Kaap Maandag ’n beroep op die Suid-Afrikaanse Rugbyunie gedoen om Etzebeth onmiddel-lik van die Wêreldbeker-rugbytoernooi in Japan af huis toe te stuur, berig Meghan Lawrence.

Lerumo Kalako, die ANC se provinsiale sameroeper, sê ook die ANC ondersteun die MRK se werk. 

Sammy Claassen, een van die klaers in die aangeleentheid, sê die gemeenskap sal op 12 Oktober massaoptogte in Langebaan hou uit protes teen Etzebeth se insluiting in die Springbok-span.

Masuku
Masuku
Angelo Agrizzi.
Adam Catzavelos (39)

Meer oor:  Mrk  |  Andile Mngxitama  |  Julius Malema  |  Rassisme  |  Swart Mense  |  Wit Mense
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.