Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
MRK-verhoor: Groot getuienis oor taal by Maties kom dié week

Maandag en Dinsdag sal besig wees vir die Menseregtekommissie (MRK) wat getuienis van verskeie partye in sy ondersoek na die beweerde skending van taalregte aan die Universiteit Stellenbosch (US) gaan aanhoor.

Maandag sal ’n student oor die beweerde skending van haar taalregte in een van die koshuise op die Stellenbosch-kampus getuig.

Sy sal na verwagting praat oor die instruksies wat sy na bewering gekry het, glo by ’n mentor, dat Afrikaans in informele kontekste verbied word.

Ook die DAK Netwerk, wat tot onlangs baie uitgesproke was oor die US se taalbeleide en hantering van die beweerde voorvalle, sal getuienis lewer.

StudentePlein, ’n studenteorganisasie wat klaers bygestaan het ná die beweerde skending van hul taalregte, sal ook insette lewer.

Frederik van Dyk, ook die sekretaris van die US-konvokasie, sal StudentePlein verteenwoordig.

Twee professore in Afrikaans aan die US, prof. Harold Lesch en dr. Amanda Lourens, sal na verwagting getuig. Die departement Afrikaans en Nederlands het voorheen opslae gemaak deur ’n ope brief aan die rektor, prof. Wim de Villiers, waarin onder meer gesê word dat hulle nie by onlangse taalbesluite aan die US betrek is nie. Die US ontken dit.

Fadlah Adams, senior navorser van die Menseregtekommissie (MRK), Chris Nissen, kommissaris, en André Gaum, kommissaris . Foto: Jaco Marais

Dr. Pieter Groenewald, VF Plus-leier en LP, is ook op die lys van getuies. Luidens ’n verklaring van Groenewald Saterdag gaan hy getuig omdat die VF Plus ook klagte by die MRK  gelê het.

Maandag se program begin omstreeks 10:00 en sal na verwagting tot 17:00 duur.

Dinsdag sal die getuienis van verteenwoordigers van verskeie koshuise en studenteorganisasies op die Stellenbosse en Tygerberg-kampusse aangehoor word.

Dit sluit in Minerva- en Irene-vrouekoshuise, Huis Francie van Zijl op die Tygerberg-kampus, asook van die private studenteorganisasie Capri.

Dr. Leon Schreiber, DA-LP en kiesafdelingshoof in Stellenbosch, sal ook ’n kans kry om met die MRK te praat. Die DA het sommige klaers bygestaan en klagtes by die MRK gelê.

Vandeesweek se getuienis sal die tweede ronde in die MRK-ondersoek wees nadat die US op 10 Mei by monde van De Villiers en verskeie ander verteenwoordigers van die US getuienis gelewer het.

In dié sitting wou die US nie vrae beantwoord oor sy taalbeleid nie en het aangevoer hy was onder die indruk dat die MRK die beweerde voorvalle in die koshuise, en nie die geldigheid van sy taalbeleid ondersoek nie. 

De Villiers het aan die MRK gesê dit is onwaar dat Afrikaans in koshuise of op kampus verbied word. “Dit is verkeerd om Afrikaans of enige ander taal te verbied waar studente sosiaal verkeer,” het hy gesê.

Hy het ook gesê die beweerde voorvalle wat ondersoek is, is intern deur huiskomiteelede en universiteitsbeamptes opgelos.

Dr. Choice Makhetha, hoof van studentesake, het gesê die saak word “in politieke kringe en in die media lewend gehou en die indruk word gewek dat die probleem groter is as wat dit regtig is”.

Meer oor:  Us-Taalbeleid  |  Mrk  |  Afrikaans
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.