Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Mthembu kap kritiek op OB

Enigiemand wat sê adv. Busisiwe Mkhwebane, die openbare beskermer (OB), is onbevoeg, moet dit aan die ANC in die parlement kan bewys, meen Jackson Mthembu, ANC-hoofsweep.

Adv. Busisiwe Mkhwebane Foto: Daily Sun

Mthembu het dit Donderdag by die parlement gesê nadat John Steenhuisen, DA-hoofsweep, Woensdag die parlement in ’n voorlegging versoek het die wetgewer se prosesse moet bespoedig word om Mkhwebane uit haar pos as OB te verwyder.

Steenhuisen meen onlangse hofuitsprake oor Mkhwebane se Bankorp/CIEX-verslag wys sy is onbevoeg.

Die portefeuljekomitee oor justisie en korrektiewe dienste het aangedui hy sal later besluit of ’n parlementêre ondersoek na Mkhwebane se geskiktheid as OB nodig is.

Die meeste van die LP’s in dié komitee is ANC-LP’s en Mthembu is hul hoof.

Die kritiek teen Mkhwebane het die afgelope week ook toegeneem nadat sy in haar verslag oor Helen Zille se omstrede twiets oor kolonialisme bevind het Zille het die Grondwet daarmee oortree en rasverdeeldheid gesaai.

Mthembu het Donderdag gesê dit kan nie wees dat Mkhwebane se geskiktheid as OB deur hofuitsprake bepaal word nie.

“As ’n laer hof byvoorbeeld vir Jackson Mthembu skuldig bevind en hy appelleer suksesvol na ’n hoër hof, beteken dit dat (die landdros of regter) in die laer hof verwyder moet word omdat hy ongeskik vir sy pos is. Dit is dieselfde argument wat teen die OB gebruik word.”

Volgens Mthembu kan dit nie reg wees nie, omdat wetgewing voorsorg tref en uitstippel die OB se bevindinge kan in ’n hof hersien word.

“Dit maak haar nie ongeskik vir haar pos nie en tot dusver het niemand ons nog daarvan oortuig dat sy ongeskik is nie,” sê Mthembu.

* Volg Netwerk24 vir meer hieroor.

Meer oor:  Anc  |  Ob  |  Busisiwe Mkhwebane  |  Jackson Mthembu
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.