Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Mthembu: Los Reserwebank vir lekgotla

Jackson Mthembu, minister in die presidensie, was Woensdag aan die begin van die drie dag lange kabinet-lekgotla in Tshwane huiwerig om besonderhede te verskaf oor of die sesde administrasie die ANC se plan van nasionalisering van die Reserwebank sal deursien.

Jackson Mthembu, minister in die presidensie, spreek joernaliste Woensdag toe aan die begin van die drie dag lange kabinet-lekgotla by die Sefako Makgatho- presidensiële gastehuis in Tshwane. Foto: Bonolo Selebano

Mthembu het joernaliste toegespreek aan die begin van die lekgotla, wat die toon aangee vir pres. Cyril Ramaphosa se opkomende staatsrede.

Die lekgotla, wat by die Sefako Makgatho- presidensiële gastehuis plaasvind, is onder medevoorsitterskap van adj.pres. David Mabuza en bring verskeie ministers, premiers en senior regeringsamptenare byeen om die mediumtermyn-begrotingsraamwerk en nasionale ontwikkelingsplan te bespreek.

Mthembu het gesê die vergadering sal daarop fokus om die ANC se verkiesingsmanifes te laat strook met die regering se aksieplan vir die volgende vyf jaar, maar hy het nie besonderhede verskaf oor die kabinet se standpunt oor die nasionalisering van die Reserwebank nie.

“Die lekgotla sal alle sake bespreek. Die regering sal besluit hoe om die kwessies te hanteer en of van die voorstelle geïmplementeer kan word soos hulle is en of dit trapsgewys gedoen moet word met inagneming van die ekonomiese toestande.”

Die ANC se voorstel oor die Reserwebank het ’n storm op Twitter veroorsaak ná die lekgotla van die ANC se nasionale uitvoerende komitee wat verlede Sondag geëindig het.

Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC, het gesê die party het besluit om die Reserwebank se mandaat uit te brei om te fokus op ontwikkeling en werkskepping. Magashule se verklaring is egter later deur Tito Mboweni, minister van finansies, weerspreek.

Ramaphosa het verlede Donderdag tussenbeide getree met ’n verklaring wat die mandaat van die Reserwebank bekragtig.

Mthembu het ook gesê dat die hersamestelling van die regering op die vergadering bespreek sal word en het verskeie veranderinge onthul aangaande sy magte en pligte as minister in die presidensie.

“Regeringskommunikasie is nou deel van die pligte van die minister in die presidensie. Die mediadiversiteitsagentskap en Brand SA is ook van kommunikasie na die presidensie verskuif.

“Ramaphosa het begin met besprekings in die breë wat die toon aangegee het. Die volgende kwessie is die hersamestelling van die staat. Nie net die samesmelting van departemente nie, maar ook waar die pligte van een departement na ’n ander skuif.”

Meer oor:  Kabinet-Lekgotla  |  Reserwebank  |  Jackson Mthembu  |  Tshwane
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.