Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Myeni astrant oor Jacob Zuma-stigting

“Sou ek al hierdie vrae gevra word as ek vir die FW de Klerk-stigting, die Thabo Mbeki-stigting, die Nelson Mandela-stigting, die Cyril Ramaphosa-stigting of die Kgalema Motlanthe-stigting gewerk het?”

Dudu Myeni, oudvoorsitter van die SAL-direksie en stigterslid van die Jacob Zuma-stigting, het Donderdag só geantwoord toe sy gevra is oor dié stigting.

Sy het die bewering van Angelo Agrizzi, oudbedryfshoof van Bosasa, ontken dat hy R300 000 kontant aan haar oorhandig het.

“Ek as Dudu het nog nooit enige geld van Agrizzi ontvang nie,” het Myeni voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping getuig.

Sy het gesê dat Bosasa wel skenkings aan die Zuma-stigting gemaak het.

“Wat betref Agrizzi, hy het vir ’n private maatskappy, Bosasa, gewerk. Met betrekking tot dié spesifieke maatskappy, wanneer hulle skenkings gemaak het in gevalle soos wanneer pres. Jacob Zuma verjaar het, of vir spesiale geleenthede van die stigting, het hulle die geld nie aan ons oorbetaal nie, maar aan die diensverskaffers,” het Myeni getuig.

“Ek wil nie enige inligting verskaf oor die Jacob Zuma-stigting indien daar nie ander voorsitters ook hier kom getuig van die stigtings van die huidige president en die vorige presidente nie,” het Myeni gesê.

Adjunkhoofregter Raymond Zondo, voorsitter van die kommissie, het dit aan Myeni gestel sy kan nie sê dat sy nie vrae oor die Jacob Zuma-stigting gaan beantwoord omdat daar ander stigtings ook bestaan nie.

Zondo het gesê daar was getuienis voor die kommissie wat die Jacob Zuma-stigting geïmpliseer het, maar hy is nie bewus van enige getuies wat in hul beëdigde verklarings of getuienis die ander stigtings betrek het nie.

Ek wil nie enige inligting verskaf oor die Jacob Zuma-stigting indien daar nie ander voorsitters ook hier kom getuig van die stigtings van die huidige president en die vorige presidente nie.

Meer oor:  Sal  |  Dudu Myeni  |  Staatskaping  |  Zondo-Kommissie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.