Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
N-Kaap: Grondeiseproses groter kopsorg as onteiening

Boere moet hulle meer bekommer oor die grondeiseproses wat heringestel is as oor grondonteiening sonder vergoeding.

Só het prof. Danie Brand, direkteur van die Vrystaatse Sentrum vir Menseregte, Woensdag op die jaarlikse kongres van Agri-Noord-Kaap in Kimberley gesê.

Brand meen dat die voorstel om art. 25 van die Grondwet oor onteiening te wysig nie veel aan die status quo sal verander nie.

Prof. Danie Brand van die Vrystaatse Sentrum vir Menseregte en Wiaan van Rensburg van Agri-Noord-Kaap se afdeling landelike ontwikkeling.Foto: Charné Kemp

“Dit is ’n teenstelling om te praat van onteiening sonder vergoeding, omdat grond nie sonder vergoeding onteien kan word nie. Ingevolge die voorgestelde wysiging kan grond in sekere omstandighede teen nul waarde onteien word.

“Die ad hoc-komitee se sperdatum om die nuwe wetsontwerp in te dien is 31 Maart 2020. Daar is ’n kans dat hulle nie gereed sal wees nie, wat beteken die proses sal langer duur.

“Daarbenewens is daar ’n magspel tussen die ANC en die EFF aan die gang, en die ANC is weens faksiegevegte ook verdeeld.

“Indien die politieke partye teen mekaar afgespeel word, kan dit ’n geleentheid vir rolspelers in landbougeledere bied om meer oorreding te doen.

“Baie veranderlikes kan egter steeds ’n rol speel en die georganiseerde landbou moet nugter dink en die wysiging beveg.”

Volgens Brand is dit nie die ANC se standpunt dat private eiendomsreg ontneem moet word nie.

“Hulle voer aan grond kan net in sekere omstandighede teen nul waarde onteien word, terwyl eienaars onteiening steeds in howe kan beveg as hulle nie saamstem dat die vergoeding billik en regverdig nie.

“Die voorgestelde wysiging bring geen werklike verandering aan die huidige Grondwet of aan die regsposisie van grondeienaars nie.

“Ons moet eerder bekommerd wees oor wanadministrasie en korrupsie wat eintlik die probleme met grondhervorming veroorsaak het. Die gronddebat is ’n poging om die aandag van dié kwessie af te trek.”

Hy meen die opening van ou sake van grondrestitusie is ’n kwelpunt.

“Die adviespaneel wat onlangs hul verslag oor grondonteiening aan die president gelewer het, se kommerwekkende voorstel oor restitusie het onder die radar verdwyn.

“In die Vrystaat waar grondeise afgehandel was, is daar nou 20 000 eise ingestel wat banke versigtig maak om geld te leen.”

Meer oor:  Kimberley  |  Landbou  |  Grondeise  |  Onteiening  |  Politiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.