Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Ndlozi word deel van EFF se topses
Dr. Mbuyiseni Ndlozi. Foto: Daily Sun

Die EFF het Sondag op die tweede dag van die party se konferensie in Nasrec in die suide van Johannesburg bykomende lede tot die party se sentrale beheerspan van 40 benoem en onbestrede verkies.

Net twee lede van die party se vorige topses is nie weer tot die hoogste besluitnemingsliggaam verkies nie: Godrich Gardee, voormalige sekretaris-generaal, wou nie weer benoem word nie, en Hlengiwe Hlophe, die voormalige adjunk-sekretaris-generaal, kon nie die paal haal nie.

Mbuyiseni Ndlozi, woordvoerder van die EFF, die EFF-LP Fana Mokoena en die oudleier van die #FeesMustFall-beweging Vuyani Pambo is tot die party se sentrale beheerspan verkies.

Benoemings vir die topses het Saterdagaand plaasgevind. Slegs Julius Malema en Floyd Shivambu kon hul onderskeie ampte as president en vise-president behou.

Die instituut vir verkiesingsbestuur het onder aanvoering van Terry Tselane, ’n voormalige kommissaris van die Onafhanklike Verkiesingskommissie, die verkiesing van die sentrale beheerspan behartig.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.