Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Negatiewe gevoelens oor migrante nog algemeen, toon opname

Negatiewe stereotipering oor migrante en vlugtelinge kom algemeen voor in talle dorpe en nedersettings, wys ’n opname van die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing (RGN) oor anti-immigrant-gevoelens onder Suid-Afrikaners.

Dié groepe buitelanders word as “gewelddadig en oneerlik” beskryf en dit word glo gedryf deur ’n implisiete skakel wat in openbare gesprekke gemaak word tussen migrasie en maatskaplike probleme en te min werksgeleenthede.

Die RGN het Vrydag in ’n verklaring gesê hy het met die marknavorser Ipsos saamgewerk om te verstaan hoe vlugtelinge, asielsoekers en oorgrens-migrante in die land beskou word.

Altesaam 2 004 mense ouer as 18 jaar in Gauteng, die Wes-Kaap, Limpopo en KwaZulu-Natal het aan die opname tussen Oktober en November 2019 deelgeneem. Dit is die vier provinsies waar die meeste vlugtelinge en migrante woon, volgens die RGN.

’n Betoger met ’n bord tydens protes teen xenofobie.Foto: Argief

Daar is bevind dat ondanks die feit dat dit goed gedokumenteer is, “verstaan baie mense nie dat immigrasie ekonomies voordelig vir die Suid-Afrikaanse ekonomie is nie”.

Hoe meer mense in kontak met migrante en vlugtelinge kom, hoe minder waarskynlik is hulle egter om xenofobiese gevoelens te hê.

“Sowat twee vyfdes het saamgestem dat, volgens hul geloof, behoort hulle te help om te voorsien in die behoeftes van diegene wat die land binnekom. ’n Kwart (25%) het egter nie daarmee saamgestem nie.”

Die RGN sê dié met anti-immigrant-gevoelens kry die meeste van hul inligting van die uitsaaiwese, veral die radio.

“Die meeste vertrou die media se beriggewing oor migrasieverwante kwessies. Behalwe die kommernisse oor die rol van sosiale media om haatspraak te versprei, word die internet (insluitend Twitter en Facebook) boonop nie as die mees vertroude bron van inligting oor immigrasie beskou nie.”

Met die opname word beoog om die datagaping te vul wat dikwels ’n “afskrikmiddel” vir doeltreffende en geteikende inisiatiewe teen anti-immigrant-gevoelens is, volgens die RGN.

Dr. Steven Gordon, van die RGN se navorsingsafdeling vir ’n ontwikkelende, bekwame en etiese staat, sê namate die land herstel van die ekonomiese uitdagings wat die Covid-19-pandemie vererger het, is dit al hoe belangriker om inisiatiewe in plek te stel teen anti-immigrant-gevoelens, -gedrag en -houdings “wat waarskynlik gaan toeneem te midde van meer mededinging vir werke en skaars hulpbronne”.

Luidens die RGN se aanbevelings is die media ’n baie invloedryke platform wat kan help om die openbare mening oor migrasie te verander en word ’n kommunikasieveldtog benodig met die samewerking van prominente Suid-Afrikaners en leiers wat vertrou word.

Geloofsinstellings moet ook standpunt inneem teen xenofobie omdat dit ’n groot invloed kan hê op hoe mense

vlugtelinge en asielsoekers beskou.

Verder moet integrasiebeleide dringend geïmplementeer word om “die volle deelname deur nie-burgers in die maatskaplike, burgerlike en ekonomiese lewe van die Suid-Afrikaanse samelewing” te verseker.

Dit sluit in inlywingsprogramme met taal- en kultuurklasse en verbeterde toegang tot dokumentasie.

Meer oor:  Dr. Steven Gordon  |  Geweld  |  Migrante  |  Xenofobiese Geweld  |  Xenofobie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.