Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Nehawu en regering sal gesprekke voortsit

Die regering en Nehawu het ooreengekom om gesprekke voort te sit oor die vakbond se eise.

Dit kom nadat pres. Cyril Ramaphosa en verskeie ministers Vrydag met leiers van Nehawu vergader het.

Nehawu dreig al lank om te staak oor onder meer salarisverhogings en die verbetering van veiligheid in die werksplek ten opsigte van Covid-19.

Die vakbond het vroeër vandeesmaand geëis dat sy leiers met Ramaphosa oor die kwessies vergader.

Luidens ’n verklaring van die presidensie, wat Vrydag uitgereik is, is daar ooreengestem dat taakspanne, waarop lede van die regering en Nehawu dien, sal voortgaan om die betrokke eise te bespreek.

Verslae van die taakspanne sal later voorgelê word aan senior leiers van die regering.

Luidens die verklaring sal unies in die staatsdiens binnekort weer met die regering vergader om met oplossings vorendag te kom in die belang van “werkers, die openbare sektor, die nasie en die ekonomie in die geheel”.

Khaya Xaba, woordvoerder van Nehawu, sê hulle volstaan met die verklaring van die presidensie.

Een van die twispunte handel oor ’n loonooreenkoms van drie jaar wat in 2018 onderteken is waarvolgens staatsdienswerkers in die 2020-’21-boekjaar ’n vasgestelde verhoging sou kry.

Die loonooreenkoms het egter nie in werking getree nie en die regering het ’n aansoek by die arbeidshof ingedien om die ooreenkoms tersyde te stel.

Staatsdienswerkers het nie vanjaar verhogings gekry nie omdat Tito Mboweni, minister van finansies, staatsuitgawes wil besnoei.

Meer oor:  Nehawu  |  Cyril Ramaphosa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.