Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Nehawu-lede wil betoog oor regering nie ingee

Lede van die vakbond Nehawu se nasionale uitvoerende komitee sal Maandagoggend voor die Uniegebou in Pretoria betoog omdat die regering nie toegee aan sy eise nie.

Nehawu-lede neem verlede maand aan ’n betoging in Johannesburg deel. Foto: Felix Dlangamandla

Sy provinsiale leiers sal op ander plekke in die land voor die kantore van provinsiale premiers betoog.

Die Nehawu-leiers sê hulle sal by die Uniegebou en die premiers se kantore bly totdat daar aan hul eise voldoen is.

Die vakbond dreig al lank om te staak oor onder meer salarisverhogings, ’n gebrek aan beskermende toerusting en die werkomstandighede van diegene in die voorste linie teen die koronavirus.

’n Onbeplande staking sou vroeër vandeesmaand gehou word, maar is uitgestel.

Nehawu het 280 000 lede.

Die vakbond sê hy het nog geen antwoord van die regering gekry nadat sy eise aan hom voorgelê is nie. Nehawu het die regering toe sewe dae tyd gegee om te reageer.

Die vakbond sê 257 van die 32 429 gesondheidswerkers wat die virus opgedoen het, is al aan Covid-19 dood.

Die sperdatum was 10 September.

Die vakbond sê 257 van die 32 429 gesondheidswerkers wat die virus opgedoen het, is al aan Covid-19 dood.

Daarom eis Nehawu onder meer dat die regering aan sy eise oor gesondheidsmaatreëls in die werkplek gehoor gee.

Die vakbond meen ook sy lede behoort ’n salarisverhoging te kry.

Tito Mboweni, minister van finansies, het vroeër vanjaar aangekondig dat staatsdienswerkers nie vanjaar ’n verhoging sal kry nie om die druk op staatsfinansies te verlig.

Nehawu hou egter vol die regering bly verbind tot die loonooreenkoms van drie jaar wat in 2018 onderteken is.

“Ons glo ons eise is dringend, redelik en hou met lewe-en- dood-kwessies verband. Dit is waarom ons besluit het om voor die Uniegebou te gaan betoog,” het die vakbond in ’n verklaring gesê.

“Ons was tot nou toe baie lankmoedig met die president, maar ons geduld is nou op.

“Sy gebrek aan optrede lei daartoe dat al hoe meer van ons lede op ’n daaglikse basis met die koronavirus besmet word. Ons sal nie met ons arms gevou sit en toekyk nie.”

Die vakbond sê die betogings is deel van sy protesoptredes wat daagliks in die etensuur gehou word.

As daar nie gehoor gegee word aan die eise nie, sal sy lede op 7 Oktober begin staak.

Meer oor:  Nehawu  |  Betoging  |  Protes  |  Vakbond  |  Premierskantore  |  Eise  |  Uniegebou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.