Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Nene sê hy het bedank omdat hy oneerlik was

Nhlanhla Nene het as minister van finansies bedank omdat hy oneerlik was oor sy talle vergadering met die voortvlugtende Gupta-familie, maar veral omdat dié ministerspos te alle tye bo verdenking moet bly.

So het Nene Woensdag aan die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping gesê nadat adv. Paul Pretorius SC, getuienisleier, wou weet waarom hy verlede jaar bedank het.

Nhlanhla NeneFoto: ZUKHANYE MTEBELE

Nene het bedank kort nadat hy op 3 Oktober verlede jaar sy agt vergaderings met die Guptas in sy eerste getuienis voor die kommissie onthul het.

Kort daarna het die televisiekanaal eNCA egter weer ’n onderhoud – waarin Nene gesê het hy het die Guptas nooit ontmoet nie – uitgesaai.

Dié onderhoud was nadat oudpres. Jacob Zuma Nene onseremonieel in Desember 2015 afgedank het.

Daar was ook erge politieke druk, veral van die EFF, dat Nene moet bedank nadat pres. Cyril Ramaphosa hom weer in Februarie 2018 as minister van finansies aangestel het.

Nene het Donderdag aan adjunkhoofregter Raymond Zondo, voorsitter van die kommissie, gesê dit sou “onvanpas” wees om ná sy onthulling voor die kommissie aan te bly “omdat dié pos bo verdenking moet bly en die integriteit daarvan nooit bevraagteken moet word nie”.

Hy het gesê hy is destyds in die televisieonderhoud onkant betrap en het die maklike uitweg gekies deur oneerlik te antwoord.

Nene het ook weer ’n verklaring voorgelees wat hy voor sy bedanking uitgereik het waarin hy onder meer erken het dat dit verkeerd was om met die Guptas, gegewe hul omstredenheid, in hul Saxonwold-woonkompleks en kantore te vergadering.

Dr. Thibedi Ramontja, voormalige direkteur-generaal (DG) van minerale bronne, het Donderdag getuig hoe Mosebenzi Zwane as nuwe minister van dié departement van die eerste dag af met drie raadgewers opgedaag het wat alles beheer het.

Daar was ses vergaderings toe hy adjunkminister van finansies was en twee toe hy minister was.

Volgens hom wou hy dit egter vir Ramaphosa makliker maak deur te bedank “gegewe hoe onvergewend Suid-Afrikaners kan wees”.

Nene het dit ook duidelik gemaak dat die Guptas hom op hul vergaderings nooit gunste gevra of regeringsposte aangebied het. Hy het ook geen geld of geskenke van hulle gekry nie. “My gewete is skoon.”

Nene het ook weer ontken dat hy destyds as voorsitter van die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) ’n rol gespeel het in ’n OBK-transaksie met ’n maatskappy waarin sy seun ’n belang gehad het.

Op die vraag waarom so min ministers en staatsamptenare na vore kom om oor staatskaping voor die kommissie te getuig, het Nene gesê: “Vir sommige mense is poste en titels belangriker omdat hulle daarvoor sal sterf.” Hy meen baie vrees egter ook vergelding as hulle sou uitpraat.

* Dr. Thibedi Ramontja, voormalige direkteur-generaal (DG) van minerale bronne, het Donderdag getuig hoe Mosebenzi Zwane as nuwe minister van dié departement van die eerste dag af met drie raadgewers opgedaag het wat alles beheer het. Zwane het in September 2015 minister geword.

Ramontja het getuig hoe Zwane hom as DG van alles uitgesluit het en selfs die Optimum-mynprojek, wat voorheen deur gewone amptenare hanteer is, in die minister se kantoor “gesentraliseer” het. Ramontja het kort daarna bedank.

Zwane is vroeër verskeie kere in die parlement deur opposisie-LP’s vir ’n “Gupta-lakei” uitgekryt en is nou met Zuma verbind.

Daar is ook reeds wyd berig hoe Zwane self die Optimum-myn se eienaars, Glencore, in Desember 2015 in Switserland besoek en hoe die myn kort daarna op ’n omstrede wyse aan die Guptas se Tegeta verkoop is om steenkool aan Eskom te lewer.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.