Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
‘Net DA kan Emfuleni van ondergang red’
Sowat 50% van Gauteng se watergebruik kom uit die Vaalrivier. Foto: Verskaf

“Die inwoners van Emfuleni verdien ’n beter plaaslike regering en slegs die DA kan die gebied van algehele ondergang red.”

Dít was die woorde van Makashule Gana, die DA se woordvoerder oor samewerkende regering en tradisionele sake, toe hy Dinsdag die Gautengse wetgewer in Johannesburg oor swak dienslewering in die gebied toegespreek het.

“Riool is besig om deur die strate van Sebokeng, Evaton en Boipatong te vloei en vullisblikke word nie meer deur die munisipaliteit leeggemaak nie. Die krisis in Emfuleni is nie as gevolg van die natuur nie, maar ’n mensgemaakte een,” het Gana gesê.

Die DA het sy stem by die VF Plus gevoeg, wat in Augustus ’n versoekskrif aan die ANC gerig het om onmiddellik by die Emfuleni-munisipaliteit in te gryp. Ingenieurs van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) is in November by die Vaalrivier ontplooi om te help ná die ineenstorting van die Emfuleni-munisipaliteit se rioolwerke-infrastruktuur en die gevolglike besoedeling van die Vaalrivier.

Sowat 50% van Gauteng se watergebruik kom uit die Vaalrivier. Die weermag bewaak sleutelpunte terwyl ander kundiges soos ingenieurs herstelwerk aan die pompstasies langs die rivier en watersuiweringsaanlegte verrig. Die SANW sal na verwagting tot Desember 2019 in die gebied ontplooi wees.

Meer oor:  Makashule Gana  |  Emfuleni-Munisipaliteit  |  Vaalrivier  |  Da  |  Besoedeling
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.