Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Net DA se lys ‘spieëlbeeld van SA’

Die DA het Saterdagmiddag sy kandidatelys vir die parlement en provinsiale wetgewers bekend gemaak en dit beskryf as die mees diverse en meritokratiese lys van alle partye in die land.

DA
Die DA het Saterdag sy kandidaatlys vir die komende verkiesing bekend gestel. Foto: Bonolo Selebano

James Selfe, die DA se voorsitter van sy federale raad, het die lys in Johannesburg bekend gestel.

Karabo Khakhau (21), kandidaat vir die Vrystaatse provinsiale wetgewer, is die jongste mens op die lys.

“Ons lys verteenwoordig ’n ryk verskeidenheid van ons mooi land. Dit is uiteenlopend in elke opsig – ras, geslag, godsdiens, seksuele oriëntasie, vaardighede, geografie, klas en die mengsel van jeug en ondervinding. Wanneer mense na die DA se lyste kyk, sal hulle hulself sien. Geen ander party kan voorgee om alle Suid-Afrikaners te verteenwoordig nie,” het Selfe gesê.

Hy het die ANC se lyste veroordeel, onder meer omdat Bathabile Dlamini en Malusi Gigaba, wat in howe moes verskyn, se name bevat.

Nomvula Mokonyane en Mosebenzi Zwane, wat by staatskaping betrek word, is ook op die ANC-lys.

“Hoe is dit dat mense soos Faith Mazibuko, Bathabile Dlamini, Malusi Gigaba, Cassel Mathale, Collen Maine, Siyabonga Cwele en ander geag word as waardig om ander te dien, wanneer hulle soveel weggevat het?

“Of dit nou Jacob Zuma of Cyril Ramaphosa aan die stuur van die ANC is, Suid-Afrikaners gaan daaronder ly en korrupsie sal net voortgaan,” het Selfe gesê.

Meer oor:  James Selfe  |  Verkiesing 2019
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.