Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
‘Net die president kan my afdank’

Net die president kan ministers aanstel en afdank.

Dit is die reaksie van Bathabile Dlamini, minister van vrouesake in die presidensie, ná Mmusi Maimane, DA-leier, se uitlating dat dié party hom tot die Noord-Gautengse hooggeregshof gaan wend om haar heraanstelling in pres. Cyril Ramaphosa se kabinet te betwis.

Bathabile Dlamini, minister van vrouesake in die presidensie.Foto:Lulama Zenzile

Dlamini het Maandag die verhoor van past. Timothy Omotoso in Port Elizabeth bygewoon as deel van ’n afvaardiging van ministers en lede van die ANC se vroueliga. Omotoso staan onder meer tereg op aanklagte van verkragting en mensehandel.

Dlamini wou nie verder uitwei nie, maar het gesê net Ramaphosa kan haar die trekpas gee. “Dit is die president se verantwoordelikheid, niemand ander s’n nie.”

Die DA betwis die heraanstelling van Dlamini en dié van Malusi Gigaba, nou minister van binnelandse sake, en voer aan dat hulle die parlement en die howe mislei het.

Maimane het Sondag op ’n mediakonferensie in Johannesburg gesê die heraanstelling van albei ministers is teenstrydig met art. 91 van die Grondwet en volgens hom is hulle positief dat hulle die saak kan wen.

Die departement van maatskaplike ontwikkeling het gedurende Dlamini se termyn as minister onder verskeie skandale deurgeloop.

Die konstitusionele hof het verlede maand beslis dat sy die hof mislei het en het gelas dat sy 20% van die hofkoste vir verlede jaar se hofdebakel van die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) moet betaal.

Tydens die ondersoek na haar aandeel in die Sassa-skandaal, het Thokozani Magwaza, ’n voormalige uitvoerende hoof van Sassa, gesê Dlamini het Sassa soos haar eie spazawinkel bedryf. Hy het in Januarie in die hof oor die kwessie getuig.

Dlamini het op ’n nuuskonferensie by die hooggeregshof in Port Elizabeth gesê dat sy geslagsgeweld, wat onder die dekmantel van geloof gepleeg word, ten sterkste veroordeel.

“Ons waak teen die vlaag van geweld teen Suid-Afrikaanse vroue oor die land heen en sal alles in ons vermoë doen om te verseker dat staatsdepartemente die waardigheid van misdaadslagoffers herstel.”

Meer oor:  Sassa  |  Bathabile Dlamini  |  Mmusi Mai­Mane  |  Malusi ­Gigaba  |  Aanstelling  |  Hooggeregshof  |  Da
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.