Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Net goeie wense van Cyril vir Kaunda op sy 95ste

Pres. Cyril Ramaphosa het sy goeie wense aan dr. Kenneth Kaunda, voormalige president van Zambië, gestuur wat Sondag sy 95ste verjaarsdag gevier het.

Kenneth Kaunda

Hy het hulde aan Kaunda gebring vir sy “onselfsugtige” eienskappe wat hy verpersoonlik het en hom aangespoor het om te veg teen imperialisme, kolonialisme en apartheid asook sy opmerklike heldemoed en opofferinge wat bygedra het tot Suid-Afrika se politieke vryheid en die bevryding van ander lande in die streek en elders.

“Met Suid-Afrika wat pas 25 jaar van vryheid gevier het, bring dié betekenisvolle mylpaal innige herinneringe van diegene na vore wat tot sy vryheid bygedra het.”

Hoog onder hulle is dié ikoniese stigter van vryheid in die streek, dr. Kaunda, wie se “groot leierskap en formidabele oortuiging ’n bron van inspirasie” vir geslagte is om die vryheid wat deur baie jare van struggle gewen is, jaloers te beskerm.

“Die regering en die mense van Suid-Afrika sluit aan by u en u familie, die mense van Zambië, Afrika en die wêreld in die algemeen in die viering van u 95ste verjaarsdag. Ons bly u verskuldig vir u bydrae wat u in u leeftyd gemaak het vir ons land en die streek. Aanvaar asseblief my warm persoonlike goeie wense vir goeie gesondheid en mag God voortgaan om u ongeëwenaarde langslewendheid te gee,” lui Ramaphosa se boodskap.

Meer oor:  Cyril Ramaphosa  |  Kenneth Kaunda
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.