Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Netwerk24 by Nkandla: Bees geslag vir feesviering

Saterdag was byna soos die dae van ouds – waar daar feesgevier word sonder die bekommernis van ’n wêreldwye pandemie.

Waar ondersteuners van oudpres. Jacob Zuma partytjie buite Nkandla gehou het met maatreëls wat nie gevolg word nie, terwyl 'n bees vir die oudstaatshoof aangery is.

“Het julle die goeie nuus gehoor? Gaan vertel vir julle baas dat die speletjie verby is,” het ’n ondersteuner Saterdagaand aan Netwerk24 se span buite Nkandla geskree.

Dié ondersteuners verwys na die konstitusionele hof se besluit van Saterdagmiddag waar die hof gesê het hy sal wel Zuma se dringende aansoek aanhoor.

Zuma vra dat sy skuldigbevinding tersyde gestel word nadat die hof hom hierdie week 15 maande tronkstraf opgelê het.

Zuma se aansoek sal op 12 Julie aangehoor word.

Ondersteuners het dié nuus Saterdagaand met groot opgewondenheid ontvang.

Die gevolg?

Daar was tot ná die aandklokreël nog buite Zuma se Nkandla-woning gesing en gedans, met min tot geen Covid-19-maatreëls wat nagekom is.

Daar was heel moontlik ook groot feesvieringe in Zuma se woonkompleks. Teen 18:00 het verskeie voertuie by die hoofingang ingery.

’n Toyota Hilux-bakkie is ook vroeër met ’n bees op ’n sleepwa by Nkandla in. Die bakkie het later met sy sleepwa, sonder die bees, uitgery.

Die polisie het die omgewing gepatrolleer.

Hoewel dit Sondagoggend rustig is, word groot ondersteuning later vandag vir Zuma verwag.

Zuma sal na verwagting die land om 18:00 toespreek.

• Delport is by Nkandla.

Meer oor:  Jacob Zuma  |  Tronkstraf  |  Nkandla  |  Hof  |  Konstitusionele Hof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.