Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Ngobeni is DA se kandidaat as Jhb-burgemeester

Die DA het Dinsdag aangekondig dat hy Funzela Ngobeni, burgemeesterskomiteelid van finansies, sy kandidaat sal wees as nuwe burgemeester vir Johannesburg.

Sou Ngobeni verkies word, sal hy oorneem by die huidige burgemeester, Herman Mashaba.

Mashaba het in Oktober as burgemeester en DA-lid bedank. Hy het sy bedanking aangekondig minder as 24 uur ná Helen Zille se oorwinning. Hy het toe gesê Zille se verkiesing tot voorsitter van die federale raad is ’n “oorwinning vir diegene in die DA wat lynreg in stryd is met sy eie oortuigings en waardestelsel”.

Mashaba sal nog tot 27 November aanbly as burgemeester.

Volgens John Moodey, Gautengse leier van die DA, het Ngobeni in 2018 aangesluit by Mashaba se administrasie.

“Die DA het deur ’n streng keuringsproses gegaan voordat daar besluit is op Ngobeni en is vol vertroue dat hy verkies sal word tot burgemeester en die goeie werk van uittredende burgemeester Mashaba sal voortsit,” het Moodey in ’n verklaring gesê.

Intussen het John Steenhuisen, die DA se nuwe tussentydse federale leier, Dinsdag gesê samesprekings sal gehou word met die EFF sodat die twee partye ooreen kan kom op ’n burgemeesterkandidaat wat geskik sal wees vir albei partye, berig PowerFM.

Netwerk24 het vroeër berig oor die DA se samewerkingsooreenkoms met die EFF in Johannesburg wat onder die loep is ná Mashaba se bedanking.

Steenhuisen sê ’n bedingingsspan is reeds saamgestel om met die EFF te vergader.

Tans is die DA se koalisevennote in die Johannesburg- metro, wat saam nege setels het, die IVP met vyf setels, die VF Plus, die United Democratic Movement, African Christian Democratic Party en Cope, wat elk een setel het.

Meer oor:  Funzela Ngobeni  |  Johannesburg  |  Politiek  |  Burgemeesterkandidaat  |  Da
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.