Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Nie nét wit boere word vermoor in SA, sê Ramaphosa

Ja, wit boere word vermoor, maar die land is deurspek met misdaad wat almal – wit én swart – raak, het pres. Cyril Ramaphosa by monde van sy woordvoerder gesê.

Dit volg op ’n herrie nadat Ramaphosa in ’n televisie-onderhoud met Bloomberg gesê het daar “is geen moorde op boere” in Suid-Afrika nie. Hy was verlede week nog in New York waar hy die Nelson Mandela-vredesberaad en die algemene vergadering van die Verenigde Nasies toegespreek het.

Khusela Diko, Ramaphosa se woordvoerder, het verlede week vir Sarel van der Walt gesê Ramaphosa is uitgevra oor die omstrede twiet van pres. Donald Trump van Amerika oor “grond- en plaasbesettings, onteiening en die grootskaalse moord op wit boere”. Die president het in sy antwoord bloot dié opmerking van die Amerikaanse president verwerp, het sy gesê.

Swart én wit mense word vermoor, nie net wit boere nie.

Die stof wou maar nie gaan lê nie, met drukgroepe en selfs die landbou-reus Agri SA wat hul misnoeë hieroor uitgespreek het.

Dan Kriek, president van Agri SA, het gesê: Plaasaanvalle en moorde op alle boere, plaaswerkers en hul families is ’n groot probleem en moet erken word.”

Diko het by verdere navraag weer aan Netwerk24 verduidelik dat daar nie iets soos “grootskaalse moord op boere in Suid-Afrika” is nie.

“Die president, soos alle Suid-Afrikaners, weet en erken dat misdaad in ons land aan die orde van die dag is. Suid-Afrikaners word in al ons gemeenskappe vermoor – van townships (tot) in informele gebiede, en ja, boere ook.

“Swart én wit mense word vermoor, nie net wit boere nie,” het sy benadruk.

Volgens Diko “betreur” en “veroordeel” die president moord op enige mens in Suid-Afrika en doen ’n beroep op die wetstoepassingsowerhede om sonder vrees en vooroordeel op te tree teen diegene wat die misdrywe pleeg.

Meer oor:  Cyril Ramapahosa  |  Dan Kriek  |  Plaasaanvalle
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.