Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Niehaus by polisie namens ANC-werkers
carl niehaus
Carl Niehaus Woensdagoggend by die Johannesburg-Sentraal-polisiekantoor. Foto: Raymond Willemse

Carl Niehaus, wat verlede Donderdag deur die ANC in die pad gesteek is, het namens werknemers van die party strafregtelike klagte by die Johannesburg-Sentraal-polisiekantoor ingedien.

Dit hou verband met die ANC wat na bewering nie sy werkers se werkloosheidsversekering oorbetaal het nie.

Niehaus het nie met 'n groot gevolg opgedaag nie.

Die klagte is gelê teen pres. Cyril Ramaphosa, partyleier, en ander ampsdraers, adj.pres. David Mabuza, Jessie Duarte, Paul Mashatile en Gwede Mantashe, asook teen die ANC as organisasie.

Die regerende party sukkel al etlike maande om sy personeel se salarisse en bydraes vir die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) te betaal. Dit het gelei tot protesoptrede en later ook ’n staking.

LEES OOK: ANC begin weer werkers betaal met bedel-geld

Volg Netwerk24 vir meer.

Meer oor:  Johannesburg  |  Carl Niehaus  |  Politiek  |  Finansies  |  Anc  |  Werkloosheidsversekering
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.