Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Niehaus praat oor Magashule se lasbrief

As die gerugte waar is dat ’n lasbrief vir die inhegtenisneming van Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC, uitgereik is, sal die gevolge “uiters negatief wees vir die ANC”.

Die ANC se sekretaris-generaal, Ace Magashule, word allerweë beskou as ’n baasbrein van die pro-Zuma-faksie in die ANC. Hy het onlangs gesê geen leier in die ANC het nog nie sake met die regering gedoen nie. Sy seuns Tshepiso en Thato het na bewering ook tydens die Covid-19 pandemie voordeel uit tenders van R2,7 miljoen getrek. Foto: Foto24

Só het Carl Niehaus, woordvoerder van die Umkhonto weSizwe se veteranevereniging en ’n vertroueling van Magashule, Dinsdag aan Netwerk24 gesê.

Hy wou nie veel uitbrei oor sy stelling nie behalwe deur te sê: “Hoe kan dit wees dat die sekretaris-generaal in hegtenis geneem word? Die gevolge sal uiters negatief wees vir die ANC en vir die land.”

Niehaus sê hulle het deur die media bewus geword van die beweerde inhegtenisneming en het in dié stadium nie veel meer inligting nie.

Daily Maverick het Dinsdag die nuus oor die beweerde inhegtenisneming aangekondig.

Kaydene Davids het Dinsdag bevestiging van die Valke ontvang dat die lasbrief op Magashule in verband met die korrupte asbesdak-oudit van die Vrystaatse regering uitgereik is. Die oudit van R225 miljoen is tussen 2014 en 2016 uitgevoer.

Sowat sewe mense, onder andere Olly Mlamleli, uitgestemde burgemeester van die Mangaung-metro, en Edwin Sodi, het reeds in verband met die saak in die landdroshof in Bloemfontein verskyn.

Magashule sal na verneem word Vrydag in die landdroshof in Bloemfontein verskyn.

Meer oor:  Ace Magashule  |  Gerugte  |  Lasbrief  |  Inhegtenisname
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.