Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Niehaus sê spioene agtervolg hom
Die foto wat versprei is van Carl Niehaus, woordvoerder van die MK-veteranevereniging (MKMVA), en ’n vrou waaroor daar op sosiale media bespiegel is dat sy soos die openbare beskermer lyk. Foto: Twitter

Carl Niehaus, woordvoerder van die MK-veteranevereniging (MKMVA), glo ’n foto van hom en ’n vrou wat soos adv. Busisiwe Mkhwebane, die openbare beskermer (OB), lyk wat op sosiale media versprei word, bevestig dat hy deur spioene agtervolg en geteiken word.

Die foto is glo van Niehaus wat in ’n restaurant saam met ’n vrou eet wat soos Mkhwebane lyk.

Die foto het skerp kritiek ontlok, met verskeie mense wat daarvan oortuig is dat die vrou wel Mkhwebane is. Hulle het op sosiale media gegis oor wat die OB en Niehaus moontlik in mekaar se geselskap sou doen.

Zwelinzima Vavi, sekretaris-generaal van Saftu, is een van dié wat vrae gehad het, maar ook gewonder het hoe oud die foto is.

Die OB was vinnig om Vavi te antwoord.

Oupa Segalwe, woordvoerder van die OB, sê dit is nie Mkhwebane op die foto nie.

“Sy het nog nooit in haar lewe met Carl vergader nie. Hy noem haar slegs in ’n twiet van gister.”

Niehaus spreek in ’n verklaring sy skok uit oor die foto wat die rondes doen.

Volgens hom is die vrou in die foto Slauzy Mogami, een van sy ou vriendinne en die voorsitter van die landbousakewerkgroep van Brics. Hy het haar glo in Mei vanjaar in Sandton raakgeloop.

Volgens Niehaus is die foto destyds deur spioene geneem wat dit nou drie maande nadat dit geneem is skielik weer laat opduik.

“Ons word oral agtervolg en alles wat ons doen word aangeteken en afgeneem – elke telefoongesprek word ook afgeluister en opgeneem.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.