Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Niks nuuts in bewerings teen hom, sê Malema

Daar is niks nuuts in die bewerings teen hom nie en hy verwerp dit, het Julius Malema, EFF-leier, Dinsdagmiddag in Pretoria gesê.

Julius Malema, EFF-leier, praat Dinsdag buite die Valke se hoofkantoor in Pretoria met die media. Foto: Sarel van der Walt

Sy uitspraak volg op bewerings dat hy deels baat gevind het by die R16,1 miljoen wat sy party se leierskap glo van die VBS Mutual Bank ontvang het.

Dit is volgens ’n ondersoek deur Scorpio, die Daily Maverick se ondersoekeenheid.

Malema het met die media gepraat kort nadat hy ’n verklaring in die hoofkantoor van die Valke in Weavind Park afgelê het.

Die EFF-leier het gesê Pauli van Wyk, die ondersoekende joernalis wat die berig geskryf het, het blote afleidings gemaak.

Hy ontken die bewerings wat in die berig gemaak word. Van Wyk is nie ’n joernalis nie, maar “ ’n politikus”, sê Malema.

“Daar is niks om op kommentaar te lewer nie, want daar is niks nuuts in die bewerings nie.”

Hy oorweeg nie regstappe nie omdat hy nie geld het daarvoor nie.

Hy was by die Valke as deel van ’n polisie-ondersoek ná ’n voorval in Augustus verlede jaar toe hy na bewering met die EFF se vyfde verjaardagvierings in Mdantsane in die Oos-Kaap skote met ’n aanvalsgeweer, vermoedelik ’n AK47, afgevuur het.

Malema het omstreeks 10:45 by die Valke se hoofkantoor opgedaag. Hy sê vyf klagte is aan hom gestel, maar hy kon nie sê wat presies die klagte is nie.

“Ek en my regspan dink nie daar is enigiets waaroor ek verantwoording moet doen en verduidelik nie.”

Tientalle van sy ondersteuners het oorkant die pad op ’n stuk veld byeengekom om hom te ondersteun.

Ek en my regspan dink nie daar is enigiets waaroor ek verantwoording moet doen en verduidelik nie.

Die EFF-leier was van Ian Levitt, sy prokureur, en twee senior advokate, Tembeka Ngcukaitobi en Laurence Hodes, vergesel.

Sy ondersteuners het deurentyd te midde van klipharde musiek gesing en getoi-toi. “Ons is hier buite om jou te beskerm, president,” het ’n man oor die luidspreker gesê.

Malema het later in ’n toespraak voor sy ondersteuners skerp teen AfriForum, wit mense en Afrikaners uitgevaar.

Oor ’n aanklag dat hy ’n polisiekolonel op die begrafnis van Winnie Madikizela-Mandela aangerand het, het die EFF-leier gesê: “ ’n Wit Afrikanerman het geweier dat ek na die graf gaan. Hulle kla my nou aan vir aanranding. Niemand sou my stop om Winnie Mandela te begrawe nie.”

Hy ontken hy het die kolonel aangerand, maar is nou spyt hy het dit nie gedoen nie.

Hou Netwerk24 dop vir meer.

Meer oor:  Scorpio  |  Vbs Mutual Bank  |  Julius Malema  |  Pretoria
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.