Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Niks ‘onvanpas’ aan dié seksvoorligting, sê Angie

Daar is niks “onvanpas” aan die Comprehensive Sexuality Education-program van die departement van basiese onderwys nie.

Angie MotshekgaFoto: DAILY SUN

Só het Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, Woensdag gesê toe sy vrae in die Nasionale Vergadering oor dié voorgeskrewe kurrikulum vir seksvoorligting beantwoord het, waaroor daar ’n landwye herrie losgebars het.

Die departement het die lesplanne op sy webwerf gepubliseer wat tans in 1 500 skole getoets word. Sekere ouers het ná die publikasie van die inhoud volgens Motshekga hul steun daaraan toegesê.

’n Uitgebreide proses van raadpleging oor die kurrikulum het volgens Motshekga plaasgevind. Sy was self deel van bewusmakingstoere waaraan verskeie organisasies ook deelgeneem het.

Nomvuzo Shabalala, ANC-LP, het vir duidelikheid gevra oor sekere aspekte van die plan en wou weet of dit waar is dat gr. 4-leerlinge “oor masturbasie geleer word en dat pornografiese beelde” gebruik sal word.

Motshekga het geantwoord dat die lesplanne op die departementele webwerf geplaas is. “Dit het gehelp om al die leuens en onwaarhede wat rondom die veldtog gebruik is op te klaar, asook die wanvoorstellings oor illustrasies wat nie illustrasies is wat in die program gebruik word nie.”

Sy het na een ouer verwys wat beïndruk was met die lesplanne.

Ouers ondersteun ons. Só daar is niks aanstootliks nie . . .
Angie Motshekga

“So daar is niks onvanpas nie. Ouers ondersteun ons. Só daar is niks aanstootliks nie . . .” het Motshekga gesê.

Voldoende inligting bestaan, volgens haar, dat as kinders seksuele opvoeding ontvang, dit moontlik is om hulle oor seksualiteit op te voed, maar hulle nie te seksualiseer nie. Verskeie kenners staan die departement by oor watter feite aan kinders geleer moet word.

“In 2017 was daar bykans 19 000 jong meisies wat swanger geraak het. Ons moet praat oor dié goed om ons kinders te red. Ons het statistieke om te sê om moet dit doen. Dit is nie ’n keuse nie, ons moet dit doen. Ons kinders benodig seksvoorligting om seksueel bewus te wees sodat as ’n oom op ’n verkeerde manier aan jou vat, bly jy nie stil nie. Jy verstaan dat dit onvanpaste aanraking is.”

Die departement sal nie aspekte aan kinders leer wat nie vir hulle van waarde is nie. “Ons moet aandag gee aan die krisis van MIV/vigs, onbeplande swangerskappe en die groot uitdagings ten opsigte van kindermolestering”.

Wat die “histerie” volgens Motshekga veroorsaak, is die lesplanne wat in 1 500 skole bekend gestel is wat daarop gemik is om terugvoer van die gemeenskap, veral ouers en onderwysers, te ontvang met die voorneme om dit in 2020 wyd bekend te stel.

Marie Sukers, ACDP-LP, het gesê die inhoud wat die parlementêre portefeuljekomitee oor basiese onderwys oor die lesplanne ontvang het, is verskillend van wat op die webwerf gepubliseer is. Sy wou weet watter wysigings aangebring is.

Motshekga het geantwoord dat dit ongelukkig is dat daar ’n aanname van oneerlikheid aan die kant van die departement is. “Wat ons op die webwerf geplaas is, is wat reeds in skole is.”

Sy het bygevoeg dat ’n veldtog van godsdiensgroepe “wat leuens en wanvoorstellings gebruik” jammer is. Sy is ook verbaas oor sekere illustrasies wat op webwerwe verskyn “wat beslis nie deel van ons materiaal is nie”.

Meer oor:  Angie Motshekga  |  Onderwys  |  Onderrig  |  Seksvoorligting  |  Seks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.