Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Nog mosies kan kom teen senior DA-lede

Patricia de Lille, burgemeester van Kaapstad, is nie die enigste senior DA-lid oor wie se kop ’n swaard hang nie nadat die DA sy grondwet verander het om ’n herroepingsklousule in te sluit.

Die DA se federale uitvoerende raad het Woensdag bevestig dat twee ander versoeke van DA-koukusse ook voor hom dien.

Patricia de Lille Woensdag aan die woord. Foto: Jaco Marais

James Selfe, voorsitter van die party se federale raad, het gesê die DA-koukusse in Matzikama en Stellenbosch se munisipaliteite het soortgelyke versoeke ingedien.

“In Matzikama is die mosie van wantroue teen die burgemeester ingestel en in Stellenbosch teen die speaker. Ons sal die Stellenbosch-aansoek die naweek op die raad se volgende vergadering oorweeg.”

Selfe het dit duidelik gemaak dat die nuwe wetgewing nie ’n herroepingsklousule is nie, maar liewer ’n aanspreeklikheidsbepaling.

Alle oë is Woensdag op die DA-koukus in Kaapstad waar ’n nuwe interne mosie van wantroue Woensdagaand teen De Lille gebring sal word.

Die meerderheid van die koukus het verlede Maandag reeds ten gunste van die interne mosie van wantroue teen De Lille gestem en die DA se federale raad het hulle die nodige goedkeuring gegee om voort te gaan met die mosie.

James SelfeFoto: Deaan Vivier

Angus McKenzie, DA-raadslid, het bevestig dat hy die mosie van wantroue gebring het.

JP Smith, burgemeesterskomiteelid wat vir De Lille instaan as koukusleier terwyl sy geskors is, het gesê dat die koukus eers ná 17:00 agter toe deure gaan vergader.

Smith het bygevoeg dat dit ’n geheime stemming is. Indien die mosie slaag, sal die DA se federale uitvoerende gesag De Lille die geleentheid gee om vertoë te rig oor hoekom sy nie uit haar pos verwyder moet word nie, ingevolge die nuwe herroepingsklousule van dié party.

Meer oor:  Patricia De Lille  |  James Selfe  |  Jp Smith  |  Wantrouemosie  |  Da-Koukus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.