Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Zuma: Nog 'n dringende aansoek teen parool
Oudpres. Jacob Zuma

Nog 'n dringende hofaansoek is gebring om oudpres. Jacob Zuma se vrylating op mediese parool te betwis.

Die Helen Suzman-stigting (HSS) het aangekondig dat hy ook Dinsdag 'n dringende aansoek by die hooggeregshof in Pretoria ingedien het. Daarin word die inligting van en die redes versoek vir die besluit van Arthur Fraser, die nasionale kommissaris van korrektiewe dienste, om Zuma op mediese parool te plaas.

Chelsea Ramsden, HSS-woordvoerder, het Dinsdag in 'n verklaring gesê die inligting word versoek vir die stigting se hoofaansoek om die mediese parool te laat hersien en tersyde te stel. Die stigting sal ook die hof vra om die besluit te vervang met een wat sy parool weier.

Volgens Ramsden kom die dringende hofaansoek nadat Fraser nie gereageer het op 'n vorige skriftelike versoek van die stigting om die betrokke inligting teen Maandag aan hom te verskaf nie.

Intussen het Ernst Roets, AfriForum se hoof van beleid en aksie, Dinsdag bevestig dat sy organisasie ook besig is om sy beoogde hofaansoek teen Zuma se mediese parool te finaliseer.

Vroeër is berig dat die DA ook reeds 'n aansoek by dieselfde hof ingedien het om die besluit oor Zuma se mediese parool te laat hersien en tersyde te laat stel.

*Volg Netwerk24 vir meer hieroor.

Meer oor:  Mediese Parool  |  Tronk  |  Jacob Zuma  |  Vonnis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.