Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Nóg ’n terugslag vir ATM se mosie teen Cyril

Die African Transformation Movement (ATM) se poging om pres. Cyril Ramaphosa as staatshoof deur ’n mosie van wantroue te ontsetel, is nog ’n knou toegedien.

Bantu Holomisa, UDM-leier, het Thandi Modise, speaker van die Nasionale Vergadering (NV), Woensdag skriftelik ingelig dat sy party “uit beginsel” nie aan Donderdagmiddag se debat en stemmery vir die mosie gaan deelneem nie.

Die kanse dat dit suksesvol sal wees, is dus nou nóg skraler nadat die DA, die grootste opposisieparty, vroeër ook aangedui het dat hy nie die “beuselagtige” mosie sal steun nie.

Die meeste van die 400 LP’s in die NV moet ten gunste van die mosie stem om die mosie te laat slaag.

Bantu HolomisaFoto: City Press

Die ATM, wat net twee LP’s het, het Woensdagmiddag aangedui dat hy die hooggeregshof in Kaapstad gaan nader vir ’n dringende aansoek om ’n geheime stemmery te laat afdwing.

Modise het die party se versoeke daaroor vroeër geweier.

Die ATM glo LP’s, ANC-LP’s ingesluit, sal met hul “individuele gewete” stem as hulle dit in die geheim doen.

Sibusiso Mncwabe, ATM-woordvoerder, het Woensdag in ’n verklaring bygevoeg die ATM se pleidooie vir ’n geheime stemmery het geen gehoor gevind nie omdat Modise se “lojaliteit aan haar party” haar verhoed het om daartoe in te stem.

“Dit het die ATM met geen ander keuse gelaat nie as om in sy strewe om die demokrasie, Grondwet en parlementêre reëls te beskerm, die hooggeregshof om regshulp te nader.”

“Suid-Afrika moet gered word van die nie-bestaande leierskap van Ramaphosa. In teenstelling met sy verkiesingsbeloftes, was die man niks anders as ’n kampioen van ampsmisdrywe nie,” het Mncwabe bygevoeg.

Die ATM het LP’s aangeraai om “Suid-Afrika eerste te stel deur die mosie te ondersteun”.

Die mosie sal dus nie slaag nie en sal net dien as ’n vermaaklike pouse in die werk van die parlement.

Holomisa het Woensdag verder in ’n brief aan Modise gesê die konstitusionele hof het in 2017 ten gunste van die UDM beveel dat die speaker die mag het om oor geheime stemmery te besluit. Daar is ook bevind LP’s sal nie met hul “individuele gewete” en sonder onbehoorlike invloed, intimidasie, vrees of afkeuring deur ander kan stem as hul identiteite deur die stemproses geopenbaar sal word nie.

Holomisa het gesê Baleka Mbete, Modise se voorganger, het ’n geheime stemmery weens die hofuitspraak toegelaat en dat die UDM nie oortuig is van Modise se redes om die ATM se versoek te weier nie.

Intussen het Natasha Mazzone, DA-hoofsweep, Woensdag bevestig dat die DA buite stemming sal bly.

“Die ATM, ’n byprojek van die Zuma/Magashule-faksie in die ANC, is bestem om sonder die meerderheidsteun van LP’s te misluk.

“Die twee ATM-LP’s sal saam met ’n groot getal ANC-LP’s ten gunste daarvan moet stem in ’n stap wat ook ’n aantal Zuma/Magashule-bondgenote in die Ramaphosa-kabinet se koppe op die blok sal plaas.

“Die mosie sal dus nie slaag nie en sal net dien as ’n vermaaklike pouse in die werk van die parlement.”

Sy het dit egter duidelik gemaak dié besluit van die DA beteken nie dat die party nie vir Ramaphosa aanspreeklik hou nie.

Meer oor:  Atm  |  Cyril Ramaphosa  |  Mosie Teen Cyril
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.