Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Nóg plagiaat ontdek in Oos-Kaapse regering

Nog ’n plagiaatskandaal het by die Oos-Kaapse regering kop uitgesteek enkele dae nadat dit bekend geword het dat plagiaat gepleeg is met ’n strategiese dokument van die provinsiale regering.

Oscar Mabuyane, die Oos-Kaapse premier, het nederig om verskoning gevra nadat hy die provinsiale regering se Provincial Digital Transformation Framework and Strategy Plan 2020-2025 summier moes onttrek.

Dié dokument lyk van die voorwoord af soos ’n dokument wat ’n politikus in Australië vyf jaar gelede goedgekeur het.

In die jongste herrie het dit bekend geword dat ’n gedeelte van die Amathole-distriksmunisipaliteit se beleidsdokument tot in die kleinste besonderhede uit ’n Amerikaanse dokument aangehaal is.

Oscar Mabuyane, die Oos-Kaapse premier. Foto: Argief

Die Amerikaanse dokument, getiteld Global Trends and Key Implications Through 2035, is in 2017 gepubliseer.

Die Amathole-distriksmunisipaliteit se dokument van 107 bladsye lank het sy oorsprong gehad in 2018 en is getiteld Vision 2058: Building a Smart District.

Hoewel tien paragrawe aangehaal is uit die Amerikaanse dokument, bevat Amothole se beleidsdokument geen lys van verwysings en bronne nie.

Nonceba Madikizela-Vuso, woordvoerder van die distriksmunisipaliteit, sê die munisipaliteit het in die ontwikkelingsfase van die dokument gekyk na wêreldwye neigings, en het inligting gewerf van ’n verskeidenheid nasionale instellings, soos die United Nations: Millennium Development Goals and the Sustainable Development Goals, AU Africa Agenda 2063, en die Amerikaanse verslag waarna verwys word.

Volgens Madikizela-Vuso is daar ook gekyk na Suid-Afrika se Vision 2030: The National Development Plan en die Eastern Cape Provincial Development Plan, om net ’n paar te noem.

Sy sê die munisipaliteit het met Power House Strategies saamgewerk wat eers hul dokument saamgestel het as besprekingspunt.

“Dit is ’n uitgelekte dokument. Die finale weergawe, 2058: Building a Smart District, het ongelukkig nie ’n lys met verwysings ingesluit nie.”

Dr. Thandekile Mnyimba, munisipale bestuurder, noem die weglating van die verwysings en bronne ’n “toesigflater”.

“Die munisipaliteit neem volle verantwoordelikheid hiervoor en is besig om die situasie te hanteer.

“Ons wil die publiek verseker dat dit nie ’n geval is van plagiaat nie, maar ’n lys met verwysings is uitgelaat uit die finale dokument.”

Mabuyane het in sy verklaring toegegee die Provincial Digital Transformation Framework and Strategy Plan 2020-2025 is geplagieer.

Die enigste gedeeltes van dié dokument wat nie geplagieer is nie, is die implementeringsplan, projekte wat op die been gebring gaan word en die plek waar die projekte gaan plaasvind as deel van die strategie.

Mabuyane het die dokument afgeteken voordat enigeen snuf in die neus gekry het, maar toe die plagiaat ontdek is, is dit aan alle regeringsinstansies onttrek.

Ons pad na die vierde nywerheidsrevolusie kan nie gegrond wees op gebrekkige beplanning terwyl ons besig is om ’n bekwame staat te bou nie.

Die onttrekking van die dokument hou implikasies in vir die inwerkingstelling van Mabuyane se plan vir breëband, waar meer as R6 miljoen reeds in die laaste drie boekjare bestee is.

In ooreenstemming met die plan is nog R277 miljoen begroot vir die huidige boekjaar.

Kobus Botha, DA-LP, het vandeesweek gesê Mabuyane moet dadelik ’n oudit gelas na alle beleidsdokumente in alle departemente van sy provinsiale administrasie.

Botha meen dit is al manier hoe Mabuyane die publiek se vertroue in die provinsiale regeringsprosesse kan herstel.

“Ons pad na die vierde nywerheidsrevolusie kan nie gegrond wees op gebrekkige beplanning terwyl ons besig is om ’n bekwame staat te bou nie.

“Daar moet afgereken word met die persoon wat verantwoordelik is vir die samestelling van die provinsiale regering se dokument.”

Dissiplinêre stappe is reeds begin teen die persoon, wie se identiteit nie bekend gemaak is nie.

Meer oor:  Oscar Mabuyane  |  Oos-Kaap  |  Plagiaat
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.