Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
NOK in hofstryd om R280 m. uit Guptas te kry

Die Nywerheidsontwikkelingskorporasie (NOK) is steeds in ’n hofgeding met die Guptas gewikkel om meer as R280 miljoen te verhaal wat nog uitstaande op ’n lening aan die Gupta-beheerde Shiva Uranium is.

Ebrahim Patel. Foto: Daily Sun

Ebrahim Patel, minister van ekonomiese ontwikkeling, het dié inligting in antwoord op ’n skriftelike vraag in die parlement van Patrick Atkinson, DA-LP, verstrek.

“Die R287 miljoen bestaan uit R37,5 miljoen se oorblywende kapitaal van die oorspronklike lening van R250 miljoen, sowel as die rente van R250 miljoen.

“Daar is tans ’n litigasie-proses aan die gang en ons wag dat dit afgehandel word.”

Oakbay Resources het die R212 miljoen terugbetaal.

Patel het gesê hy het dié inligting gekry by Geoffrey Qhena, hoof uitvoerende beampte van die NOK, wat Vrydag bedank het.

Meer oor:  Shiva Uranium  |  Ebrahim Patel  |  Guptas  |  Hofgeding  |  Skuld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.