Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Nooit sent van Guptas gekry, sê Cosatu se Dlamini
S’dumo Dlamini, president van Cosatu. Foto: Jabu Kumalo

’n Emosionele S’dumo Dlamini, president van Cosatu, het Donderdag gesê nie hy of Cosatu het nog ooit ’n sent van die Gupta-familie ontvang nie.

Dlamini het reageer op ’n vraag van ’n joernalis op ’n mediakonferensie ná afloop van Cosatu se sentrale uitvoerende komitee se laaste vergadering van die jaar.

Hy is gevra of die vakverbond enige van die topleierskap in hul persoonlike hoedanigheid al ooit enige geld van die Gupta-familie ontvang het.

“Het Cosatu al donasies van die Guptas ontvang? Die antwoord is nee,” sê Dlamini.

Hy het beklemtoon dat hy self ook nog nooit geld ontvang het van die Guptas of “enige ander persoon wat die staat probeer kaap nie”.

Hy sê dit kan met die Gupta-familie self en deur Cosatu se afdeling vir finansies bevestig word.

Dlamini sê hy maak deel uit van die leierskapskollektief wat geld vir Cosatu insamel en dat hy die versekering kan gee dat daar nog nooit na die Guptas gegaan is om geld te vra nie.

“In hierdie tye van malligheid in ons politieke sfeer, is daar houe. Uppercuts, underbelly, teen mekaar as leiers. Nie hierdie leierskap nie,” sê Dlamini.

In hierdie tye van malligheid in ons politieke sfeer, is daar houe. Uppercuts, underbelly, teen mekaar as leiers. Nie hierdie leierskap nie

Hy sê wanneer mense voel dat die vakverbond nie duidelik genoeg oor iets standpunt inneem nie, of nie naby genoeg aan die been oor iets sny nie, kan iemand moontlik dink dit is as gevolg van die leierskap van Cosatu en dan iets daaroor wil doen.

“Of hulle dink dit is daardie een leier met die probleem.”

Hy sê dit is dan wanneer mense etikette begin gebruik.

“Hy is gekaap. Dit is omdat daardie een geld van die Guptas ontvang het. Dit is hoekom hy niks teen hulle kan sê nie,” sê hy. “Dit is die agtergrond vir daardie vraag.”

“Dlamini is gekaap. Dit is hoekom Cosatu gedemp is. So dit word Dlamini. As Dlamini stil is, is dit omdat hy iets gegee is. Hy kan nie praat as iets gegee is nie.

“Dit is die ergste belediging vir iemand. Ek gebruik hierdie geleentheid om vir julle as joernaliste te sê: Bevestig jul stories. Die hele tyd.”

Hy sê niemand word gedwing om hul bronne bekend te maak nie maar dat stories se feite nagegaan moet word.

“Hierdie saak het die risiko dat dit verdeling kan veroorsaak, en ons weier om verdeel te word deur daardie bewering.”

Meer oor:  Cosatu  |  Johannebsurg
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.