Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Noord-Kapenaars gee hul wenslysie aan premier

Terwyl die DA vir dr. Zamani Saul, Noord-Kaapse premier, raad gee aan die vooraand van sy eerste provinsiale rede Vrydag in Kimberley, het inwoners ook ’n doenlys vir die provinsie se probleme op sosialemediaplatforms verskaf.

Saul het Woensdagaand op sy eie Facebook-bladsy ’n foto van homself geplaas van waar hy sy toespraak afrond.

Op die foto is ’n eksemplaar van The Fortune at the Bottom of the Pyramid sigbaar, ’n boek deur C.K. Prahalad. Die boek handel oor nuwe sakemodelle waardeur dienste en goedere aan die armstes ter wêreld gelewer kan word. Prahalad bespreek geleenthede vir entrepreneurs en nuwe markte onder miljarde armes aan die onderkant van die welvaartspiramide wat ontwikkel kan word om armoede in welvaart te omskep.

Dr. Zamani Saul, Noord-Kaapse premier, het hierdie foto van homself op Facebook geplaas waar hy besig is om aan sy provinsiale rede te skaaf. Dit word Vrydag gelewer. Foto: Facebook

Saul word in sy Facebook-plasing gekomplimenteer oor die boeke wat in die foto sigbaar is, terwyl ander volgelinge idees aan hom voorstel.

Norman Ferris versoek die premier om die Sol Plaatje-munisipaliteit in Kimberley reg te ruk.

“Ons gaan onder, Meneer. Sny die vrotheid uit. Asseblief, asseblief.”

Sthandiwe Hinana sê die premier moet alle vakante poste met gekwalifiseerde mense in plaaslike en distriksmunisipaliteite vul en van korrupsie en korrupte leiers ontslae raak.

“Alle onnodige koste moet besnoei word. Jeugdiges se vaardighede in veral die toerisme-, myn- en landboubedryf moet geslyp word om werkloosheid te verlig. Alle departemente moet leerlingskappe vir jong mense instel.

Ons moet sien of hy kaderontplooiing sal prysgee om die wanfunksionele departement van gesondheid en munisipaliteite te red. Indien hy die provinsie wil omdraai, moet hy bedrewe bestuurders en amptenare aanstel.

Rassisme en diskriminasie moet uitgeroei word. Grondhervorming moet aandag kry en dwelmmisbruik moet beveg word.”

Suvario Matthys sê paaie moet herstel word. Didiza Didiza Honorable stel voor dat die premier gemeenskapsgesondheidswerkers, werkers in die uitgebreide openbarewerkeprogram en veiligheidswagte vas aanstel en ook meer skoonmakers en tuiniers aanstel.

“Bou huise vir laag besoldigde staatsamptenare wat nie lenings kan bekostig nie.”

Mosepedi Sanane is bekommerd oor die bouvallige toestande by twee hospitale in die John Taolo Gaetsewe-distrik (Kuruman), terwyl Julia Banda die verwaarloosde begraafplase in Postmasburg wil verbeter.

Nomsa Majola versoek Saul om ’n tegniese hoërskool in Warrenton te bou om die vaardigheidsvlakke van jong mense te verbeter en die druk op oorvol skole in die omgewing te verlig.

Thembalethu sê die patologiedienste moet verbeter en gemoderniseer word.

Andrew Louw, DA-leier, sê Saul se beloftes om koste te besnoei en leefstyloudits op homself en ander senior amptenare te laat doen, is “verfrissend”.

“Ons wil egter weet hoe hy die kripvreters gaan vasvat. Ware leiers moet teen oortreders optree. Ons is ook nuuskierig oor die samestelling van sy beloofde staatsbeheerde myn- en konstruksiemaatskappye, maar is bekommerd weens die staat se onvermoë om dié soort maatskappye produktief te bestuur,” sê Louw.

“Ons moet sien of hy kaderontplooiing sal prysgee om die wanfunksionele departement van gesondheid en munisipaliteite te red. Indien hy die provinsie wil omdraai, moet hy bedrewe bestuurders en amptenare aanstel. Daar moet ook ’n atmosfeer van deursigtigheid en ’n oopdeurbeleid wees sodat LPW’s oorsigbesoeke kan doen.”

Meer oor:  Dr. Zamani Saul  |  Noord-Kaap  |  Premier  |  Da  |  Provinsiale Rede  |  Politiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.