Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
‘Nou moet ANC in W-Kaap op grondvlak fokus’

Dit is terug na die basiese beginsels vir die ANC, het Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC, Saterdag gesê.

Hy het lede van ANC-takke in die Kaapse metro-streek asook lede van die provinsiale leierskorps in die skoolsaal van die Sekondêre Skool Bloekombos in Kraaifontein toegespreek oor die party se nuwe tussentydse provinsiale leierstruktuur.

Pemmy Majondina, ANC-hoofsweep, Sylvia Lucas, adjunkvoorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies, David Masondo, adjunkminister van finansies, Nomvula Mokonyane en Mondli Gungubele was ook daar.

Die vergadering is gehou weke ná die aankondiging dat die Wes-Kaapse uitvoerende komitee van die ANC ontbind is. ’n Tussentydse leierstruktuur van 30 lede is verlede week aangestel.

“Ons wil aan die takke sê die verkiesing is verby en dit is tyd om op die grondvlak te fokus en onsself te vernuwe. Ons moet nie net intern kyk nie, maar onsself intern vernuwe en uiteindelik gemeenskapsleiers word.

ace magashule
Ace Magashule, ANC sekretaris-generaal en Zuma-lojalis. Foto: Felix Dlangamandla

Magashule het ná die vergadering gesê dit is tyd vir die ANC om te verenig.

“Dit is tyd om te verseker dat die massas politieke opvoeding kry, want ons het die belangrikheid van politieke opvoeding vergeet.”

Daar gaan landwyd verseker word dat dit weer aan die gang kom. “Ons gaan van provinsie tot provinsie, streek tot streek en tak tot tak terug na die basiese. Hier praat ons van gemeenskapswerk, eenheid, hernuwing, familie en die noodsaaklikheid vir ons om die resolusies van konferensies toe te pas.

“Ons sê ons strukture moet begin praat oor die uitdagings in die ekonomie. Ons takke moenie administratiewe kwessies bespreek nie, hulle moet kwessies bespreek wat ons mense raak en hoe die regering dit moet oplos.”

Oor kritiek oor die tussentydse leierstruktuur het Magashule gesê ANC-lede aanvaar besluite van die hoogste besluitnemingsliggaam van die ANC – die nasionale uitvoerende komitee.

“Dié komitee het die nasionale werkkomitee die mandaat gegee om name te finaliseer. As jy ’n ANC-lid is, aanvaar jy die besluite van die hoër strukture. Die kamerade het dit aanvaar.”

Op ’n vraag oor hoe die ANC in die Wes-Kaap gaan verbeter op die 28% steun wat hy in die Mei-verkiesing gekry het, het hy gesê die party sal verbeter. “Ons moet verenig. As ’n verdeelde ANC, verdeel ons die samelewing. Ons het uit ons foute geleer en sal vorentoe beweeg.”

Oor die ondersoek na sy beweerde betrokkenheid by die totstandkoming van die African Transformation Movement (ATM), het Magashule gesê dit is nie ’n ondersoek na hom nie. “Dit is ’n ondersoek na almal wat betrokke was by die beweerde totstandkoming van politieke partye. “Daar was ’n bewering deur ’n man van die ATM wat ek nog nooit ontmoet het nie. Ek het verseker dat daardie kwessie in die hof is sodat mense kan ophou jok.”

Hy wou hom nie uitlaat oor die kwessies rondom Bosasa of die CR17-veldtog nie. “My standpunt is dat ons interne ANC-kwessies intern bespreek.”

Meer oor:  Ace Magashule
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.