Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Ntombela moet ‘waak teen titel van partytjiepremier’

Sisi Ntombela, premier van die Vrystaat, het al in haar eerste week in die amp gewys sy is ’n premier wat hou van partytjies, sê Tammy Wessels, ’n VF Plus-lid van die Vrystaatse wetgewer.

Sisi Ntombela

Wessels het luidens ’n mediaverklaring van die VF Plus in die wetgewer gesê as Ntombela voortgaan om geld te verkwis op luukshede en nie aandag gee aan die ernstige probleme wat die provinsie ervaar nie, sal haar nalatenskap net so sleg soos dié van haar voorganger wees.

Wessels het die wetgewer toegespreek in die begrotingsposdebat vir die premier en gesê ’n peperduur partytjie van miljoene rande vir haarself en die voormalige premier, Ace Magashule, is nie ’n goeie begin van haar ampstermyn nie.

Dít terwyl daar ernstige begrotingstekorte in die provinsie is.

Wessels het gesê die gewese premier het vermanings van die opposisie oor verskeie kwessies, soos onder meer die Vrede-suiwelprojek, geïgnoreer. Die nuwe premier was ’n LUR in sy kabinet wat doelbewus die gevaarligte oor die mislukte projek geïgnoreer het.

Dit is nou te laat vir die Vrystaatse regering om te sê hy gee sy volle samewerking aan die Valke met hul ondersoek en dat die regering alle vorme van bedrog en korrupsie veroordeel, sê Wessels.

Die ANC-regering het ’n doelbewuste volstruisbenadering oor die Vrede-suiwelprojek gehad terwyl die selfverryking van kaders plaasgevind het. Die ANC is daarom verantwoordelik vir die honderde miljoene rande wat uit die Vrystaat se staatskas gesteel is.

Wessels sê die VF Plus sal die premier fyn dophou en aanspreeklik hou in die hoop dat sy nie haar bynaam as partytjiepremier verder gestand sal doen nie.

Sy moenie, soos haar voorganger, geld bestee aan duur motors, tydskrifte en ekspo’s oor dienslewering nie, maar eerder die mense van die Vrystaat se behoefte aan dienslewering ’n prioriteitsaak maak.

Meer oor:  Tammy Wessels  |  Sisi Ntombela
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.