Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Ntombela sê Magashule beheer haar nie

Sisi Ntombela, wat weer die premierskandidaat vir die Vrystaat na die verkiesing is, sê sy word nie deur Ace Magashule, oudpremier en nou sekretaris-generaal van die ANC, “oordonder” en beheer nie. Sy kan as vrou onafhanklik funksioneer en haar eie ding doen.

“Magashule is my baas en ek werk saam met hom. Ek werk ook saam met die provinsiale uitvoerende komitee van die ANC, maar mense moenie dink omdat ek ’n vrou is ek kan gemanipuleer en totaal beheer word nie. Ek kan onafhanklik funksioneer en het ’n sterk wil as vrou.”

Sisi Ntombela, Vrystaatse premier.Foto: Netwerk24

Sy sê dit was “omtrent ’n oorlog” om haar weer in die stoel te kry as premierskandidaat vir die Vrystaat. Daar was ook opponente vir die premierspos, soos Sam Mashinini, voorsitter van die Vrystaatse ANC, en William Bulwane, ondervoorsitter.

“Op die einde het ek net gesê ek is klaar met dié vergadering, wat tot laat aangehou het,” sê sy.

“Dit was nie maklik nie.”

Ntombela sê die Vrystaat kom nou eerste.

“Ek gaan binnekort my ekonomiese raad aankondig; swart en wit mense met hoë geleerdheid wat my gaan bystaan om die ekonomie van die Vrystaat reg te ruk.”

Sy sê daar is ook die moontlikheid dat die uitvoerende raad van die Vrystaat verklein kan word. “Sommige departemente kan dalk saam onder een LUR gevoeg word. Maar dit is nog alles toekomsbesluite waaroor daar vergadering gehou en goed gedink moet word.”

Ntombela sê dit gaan juis daarom dat die ANC nou 19 setels in die Vrystaatse wetgewer, pleks van die 22 soos voor die verkiesing, sal hê. “As die kabinetslede afgetrek word, saam met die premierspos en dié van die speaker, is daar net sewe ANC-lede oor om op die komitees van die wetgewer te dien.

“Óf die komitees van die verskillende departemente moet saamgevoeg word, óf die departemente moet saamgevoeg word.”

Op ’n vraag oor wie haar LUR’e gaan wees, sê sy sy wil eers die ANC-vroueliga en die alliansievennote van die ANC konsulteer voordat sy hieroor besluit. “Dit moet mense wees wat die Vrystaat voorop stel en wat die beste diens kan lewer. Maar dit moet ook mense wees wat nie moeilikheid vorentoe gaan maak nie.”

Op ’n vraag of sy weer ’n duur inhuldiging as premier gaan hê, sê sy dit sal nie nodig wees nie. “Die geld moet nou gaan na die mense wat dit nodig het.”

Meer oor:  Ace Magashule  |  Sisi Ntombela  |  Vrystaat  |  Politiek  |  Premierskandidaat  |  Anc
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.