Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
NUK blameer nie vir Zuma

Die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) het besluit om kollektief verantwoordelikheid te aanvaar vir die party se swak vertoning in die munisipale verkiesing en nie pres. Jacob Zuma te blameer nie.

Die NUK het die afgelope vier dae die uitslae van die verkiesing in fyn besonderhede ontleed te midde van eise deur opposisiepartye dat hulle slegs met die ANC ’n koalisie sal vorm as Zuma opsy staan.

“Die kiesers het gepraat en ons het gehoor wat hulle sê.

Ons kan die blaam vir ons vertoning nie op ’n enkele mens plaas nie.

“Ons kan die blaam vir ons vertoning nie op ’n enkele mens plaas nie. Daarom het ons kollektief verantwoordelikheid daarvoor aanvaar,” het Gwede Mantashe, sekretaris-generaal, gisteraand op ’n mediakonferensie in Centurion gesê.

Die ANC se steun het landwyd met sowat agt persentasiepunte afgeneem tot 54% en hy kon in verskeie munisipaliteite en metrorade nie ’n volstrekte meerderheid behaal nie.

“Ons vertoning was ’n groot ­terugslag,” het Mantashe erken en gesê ’n negepuntplan is opgestel om die probleme op te los.

Al was dit ’n munisipale verkiesing, het nasionale kwessies ’n baie groot rol gespeel. Om dié rede het die NUK die regering versoek om die probleme in die SAUK, die SAL en Eskom dringend te pak. Korrupsie sal ook getakel word.

Oor moontlike koalisievorming in sommige munisipaliteite en metrorade het Mantashe gesê die ANC praat steeds op nasionale vlak “met verskeie partye”.

Dit is nie noodwendig oor koalisies om te regeer nie, maar ook oor ’n rol as opposisie.

Ons sal nie oorlog toe gaan net om te kan regeer nie. As ons in die opposisiebanke is, is dit so, punt.

“Ons sal nie oorlog toe gaan net om te kan regeer nie. As ons in die opposisiebanke is, is dit so, punt.”

Die NUK het die kabinet ook gevra om op sy volgende lekgotla die begroting te herprioritiseer. Ekonomiese en maatskaplike sake, wat armoede en werkloosheid insluit, moet voorrang kry.

Intussen het die DA dit duidelik gestel die bal is nou in die EFF se baan nadat ’n “voorlopige ooreenkoms” met dié party bereik is oor kernmetro’s en ander munisipaliteite. James Selfe, federale uitvoerende voorsitter van die DA, sê die DA het ’n voorstel na die EFF gestuur en hulle oorweeg dit nou. Hy sê hy glo die EFF sal teen vanaand ’n finale antwoord gee.

Die DA is hoopvol dat hy Solly Msimanga, sy burgemeesterskandidaat in Tshwane, op Donderdag se eerste raadsvergadering tot burgemeester verkies sal kry.

Luidens berigte het die EFF in ruil daarvoor geëis dat Tshwane se begroting tot voordeel van die armes gebruik moet word.

Die DA is ook besig om met kleiner partye gesprek te voer.

Meer oor:  Sarel Van Der Walt  |  Verkiesing  |  Zuma
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.