Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
NUK weier Ace toegang

Die nasionale uitvoerende komitee (NUK) van die ANC het Saterdagoggend geweier dat Ace Magashule, die party se geskorste sekretaris-generaal, aan sy vergadering deelneem.

Dit is deur ‘n betroubare bron aan Netwerk24 bevestig.

Magashule is vandeesweek tydelik geskors nadat hy geweier het om gehoor te gee aan ’n opdrag van die NUK dat alle ANC-ampsdraers wat strafregtelik aangekla word, binne 30 dae moet opsy staan.

Magashule het Vrydag in ’n onderhoud met die SAUK gesê hy beskou homself steeds as sekretaris-generaal omdat hy appèl aangeteken het. Daarom sou hy die vergadering bywoon.

Ace Magashule Foto: Argiewe

Hy het die NUK in dieselfde onderhoud daarvan beskuldig dat hy die resolusie wat in 2017 op die ANC se nasionale konferensie by Nasrec, Johannesburg, oor dié kwessie aanvaar het, selektief toepas.

Dit is om van hom ontslae te raak, het Magashule aangevoer.

Die NUK se vergadering word aanlyn gehou.

Dit is ondanks die feit dat Jesse Duarte, die adjunk-sekretaris-generaal wat nou in Magashule se plek waarneem, gesê het die vergadering sal in die toekoms waar moontlik fisiek gehou word omdat te veel inligting met aanlyn vergaderings uitlek.

Vrydag het Pule Mabe, nasionale woordvoerder van die ANC, op ’n mediakonferensie gesê die Covid-19-pandemie is die rede waarom daar besluit is om die vergadering eerder aanlyn te hou.

Die ANC moet as regerende party die voorbeeld stel tydens die pandemie, het Mabe gesê.

Eye Witness News berig Magashule het voor die vergadering ’n vergadering van ANC-amptenare met die ANC-vroueliga bygewoon.

Meer oor:  Anc  |  Ace Magashule  |  Vergadering  |  Nuk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.