Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Nuusdiens boikot EFF-leierskongres

Die nuusorganisasie eNCA sê hy gaan die EFF se verkiesingskonferensie boikot nadat die party verskeie nuusorganisasies belet het om die geleentheid by te woon.

Die EFF se leierskongres het Saterdag skaars begin toe eNCA op Twitter aankondig hy het ’n beginselbesluit geneem om nie verder verslag te doen oor die konferensie nie.

Julius Malema, EFF-leier, het gesê daar is nie genoeg plek om alle nuusorganisasies wat aansoek gedoen het te akkommodeer nie.

Van die nuusorganisasies wat belet is, het die afgelope ruk breedvoerig verslag gedoen oor die EFF se beweerde bande met die onlangse VBS-skandaal.

Die Suid-Afrikaanse nasionale redakteursforum (Sanef) het intussen in ’n verklaring gesê die EFF doen afbreuk aan persvryheid deur sekere organisasies te belet.

Afgevaardigdes Saterdag by Nasrec byeen om ’n nuwe leierskorps te kies. Foto: Felix Dlangamandla

Meer oor:  Eff-Leierskongres
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.